Musiekliefhebbers kan uitsien na ’n besonderse musikale ervaring as Joshua na die Reën en ook ’n hele paar van sy musikante in die romantiese atmosfeer van die Boer teater kom baljaar.
Met sy kenmerkende stem, poëtiese lirieke en unieke musikale styl het Joshua na die Reën ’n besondere plek in die Afrikaanse musiekbedryf verwerf. Sy musiek raak mense met eerlike stories, treffende melodieë en lirieke wat diep tref.
Joshua na die Reën se boodskap aan hulle aanhangers: “ Dis die begin van Desember, na nog ‘n jaar wat ons die voorreg gehad het om hierdie lewe te leef en te voel. Dankie vir julle liefde, ons sien julle daar.”
2 tot 4 Desember om 20:30
Kaartjies kos R280 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
