Vergeet die idee dat jazz net vir mense met dik swart brilrame, duur wyn en ’n ernstige uitdrukking bedoel is. Die 2026 KZN International Jazz Festival neem Suid-Afrikaanse jazz op ’n musikale ontdekkingsreis van tradisionele Zoeloe-klanke, geestelike sang en plaaslike Maskandi-ritmes tot by avant-garde eksperimente met ’n internasionale geur.
Dit is veel meer as ’n reeks konserte: dis ’n klankreis deur die geskiedenis, evolusie en grensverskuiwende kreatiwiteit van Suid-Afrikaanse jazz. Bring gerus jou oop gemoed saam en moenie bekommerd wees as jy nie elke noot verstaan nie. Dis jazz.
Opera Theatre, The Playhouse Company, Durban
4–6 Desember 2026

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
