Die afkap van bome in tropiese reënwoude veroorsaak dramatiese veranderinge in die aantal en tipes ongewerweldes in dié woude.
Ongewerweldes, soos miere en wurms, het baie belangrike funksies in hierdie ekosisteme. Termiete en wurms help byvoorbeeld om dooie blare te verwerk en hul voedingstowwe in die grond vry te stel.
(foto Tom Fayle)

