Die jaarlikse Zombie Walk in Kaapstad is nou Suid-Afrika se grootste Halloween partytjie.
Selfs die dooies uit die noordelike voorstede voel gemaklik hier, want jy hoef nie spesiaal aan te trek nie. Net ’n bietjie grimering en ’n gesonde minagting vir jou voorkoms is al wat nodig is. Dis boonop gratis, geskik vir alle ouderdomme én troeteldiervriendelik.
Wanneer die horde die middestad behoorlik oorgeneem het, skuif die nag se pret na ’n eksklusiewe nadoodse partytjie vir volwassenes. Die toegangsfooie gaan boonop aan die Lucky Lucy Foundation, wat mishandelde en verwaarloosde diere red en rehabiliteer.

Wanneer: 31 Oktober, 17:00 tot 18:00
Waar: Vertrek vanaf Goevermentslaan, Kaapstad
Koste: Gratis vir die optog; nadoodse partytjie vanaf R100

Cape Town Zombies
Kaapstad Zombies

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply