Met die somervakansie om die draai moet besoekers aan die Kaap asseblief kennis neem: Bly weg van die walvisse!
Daar is nog steeds mense wat nie kan wegbly van walvisse in Kaapstad se kuswaters nie. Dit is teen die wet vir enige persoon, vaartuig of vliegtuig (insluitend hommeltuie) om binne 300 meter van ‘n walvis te wees. Dit kan hierdie seediere steur, hul voedingspatrone beïnvloed; en dit geld veral vir die walviskoeie met kalwers. Dit is belangrik om die omgewingswette te respekteer en Kaapstad se ryk mariene omgewing te beskerm.