Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

The terrific thud (dowwe slag)

Ek wil my net oorgee aan die neerslagtigheid. Ek is nou moeg om nice wees te ‘kots’
Toe tref dit my … Die dag van die terrific thud.
En ek wonder: O Here waarmee gaan U my vandag mee red.
Hoe klink genade oomblikke vandag in U liefde so oneindig groot?
Kan ek daardie dag beleef. Ek wil deel hê aan die klank van daardie dag.
O Here, herskep in my ‘n bewuste hartklop van genade. Bome van liefde, skadu’s en rus.
n Son met n glans van geleenthede en winde van vrede.
Skep in my, o Here n gees van omgee, liefde, krag.
Ek kners steeds bietjie op n slag met treetjies vooruit, my einder vêr.
En dan n amen asem as U genade my koester-keer op keer.
Want ek hoor steeds die “terrific thud” van ’n swaar kruis wat U liggaam skeur as dit in die gat met n dowwe slag die
wêreld na asem laat snak as die son sy skyn verloor en ons die grawe van nyd neer kan sit-en met sweet op lywe ons
op knieë vir genade smeek en nog n dag van berou in U liefde die kruis se gat weer kan vul.

Gisters

Gisters se eerlikheid duur steeds tik tok voort.
My stand in raaisel skadu van die môres wat wag.
Omkyk soos n miskruier wat stront huis toe dra om spens te vul.
My Skepper op einder wink-my seer asem hortend snak.
Gevorm en na gister se duister skemer tuur-nie n omkyk werd-hale van leed en skade steeds kommer wek-vraagteken oë steeds die duister kim beloer.
As my Skepper my knus kan hou-sou n grynslag dalk n glimlag word.
Kom sit hier neffens my-want ek moet in U oë kan pleit-met kommer wat bietjie op n slag moet wyk.
Bietjies op n slag-maar waaragtig wyk.
Sal U my amen dan op knieë weer sou hoor.
Want dit raak tans n tikkie tuff hier rond.
U kind sal aanhou probeer o Heer

Die Heelal se sug

Kokkewiet se klok helder roep ineens wagtend en stil.
Sonneblom se hart skuinskop hang en vir bye wag.
Die krans bobbejaan asof peinsend die einder betrag- sy eggo stil.
Ek sien hoe die miskruier sonder sukkel stront in tru-rat huis toe dra.
Skalks het piet-my-vrou nie n gade om te roep.
Gom snuif snotneus kind inhalig n kardoes met muf brood en kat se ribbes onder arm knyp.
Myn hope gebergtes word en krotte in hul skadu kraak wyl die swart kar met donker vensters sy fonds versteek.
Kwikkie se stert vir n wyle talm as mammas se trane in gange op wange saggies weg moet vee en n snik in n vraag moet keer.
Pappas trots maar bedees by stopstraat staan en sy brood sprakeloos verdien om kroos se oë te vermy en self honger gaan lepel lê met n liggaam wat ruk.
Die son kyk-en struikel aan as n klip na n ander rol-namiddag is alles rooi geklap.
Sou die mossie en vink eerder vir hulp wil roep as die rooibok bekommerd kug.
Dit is hier waar die spore dof begin raak van krom mense wat steeds voort wil beur-na n einder duister vêr.
Moeder natuur se hulproep eggo skree as kameelperd sien wat ons moet sien en met dowwe stof draf reeds weg moet draf.
Toeka al het my moeder gesê-daar’s ’n storm op pad my kind-daar’s ’n storm op pad.
Dan die heelal se hoorbare sug-as natuur benoud vir hulp kom roep.

Betaalde Tyd

Ek stap nog n rondte.

Nog n rondte om die roetes te bekyk.

Soms verby-soms om terug te kyk.

Die wange met valleie-nek gespan-sukkel om weer te kyk.

Tree vir tree-maar waaragtig voort-aarsel voort.

Weer staar ek na Bo.

Daar Bo-waar U dan woon-tog tuis in my smag-my smag na U.

Ek woel en strompel tans in n wêreld met morbiede palet en kwas hale besmeer.

U het gesê-tyd is My valuta kind.

Wyl ek vreemdes besoek-n wyle vertoef.

Pleisters plak-n oor in leed se rigting draai.

Brood gemuf met sente in sakke met gate die note vervang.

U liefde as pleister gebruik-die Woord as kussing gebruik.

Dan die besef-my offergawe se valuta-is juis U tyd.

By die hekkie uit-sypaadjie langs, die ekstra myl loop-die gulde belegging in tyd.

Ek sien nou U gemeente raak-want U skep die tyd-gesigte vreemd-maar met tyd wat n wyle nog, sal tik-tok voort.

Proe tans frank

Vader ek sit tans dormant en wag vir U next move.

Die leed steek in my ribbes met n asem wat hortend seer, vlak na u smag.

Eensaamheid en leed die som totaal van n lewe nog maar vaag nou my spasie donker verf.

Verder strompel voort-die beserings intens my hart vas klem.

Neem U dan my hart, hande en spore terug-as weg stap vir my wink-wyl donker aan my knaag.

n Bietjie lyfseer as kop, hart en derms die maaiers lok-of dink U ek kan staande bly?

Kom koester my hart Heer-dis dringend Heer.

Moed verloor se vlakte-ek my dalk knus neer lê innie stof-lyk soos tuis.

Ek roep vandag bitter hard en seer as skouer aan die wiel nie meer n opsie is-vasbyt nie meer n motto is.

Ek weet U staan en gadeslaan-hou my skouer knus-dit is wat ek vra-seblief my Heer.

Kniel merke nie meer diep en rou as my kop tolbos speel.

Is U steeds bekommerd oor my?

Dit is nou vandag en môre vêr as die nag nog tussen beide tree.

Hoor my net weer n keer of bietjies op n slag is ook ok!

U half leë kind-skemer en mistig-middel van die dag.

13/10/2022

Onthou wêreld!

Ek loop met trane nog nie gestort-opgestu dekades lank.

Druppels soms oor wange kibbel-maar meestal aan binnekant afrol.

Praatjies maak en kerm vermy is die geteem wat die stokke in eie wiele druk.

My nota gedagtes my ink gille gee om te skree.

Wêreld steeds doof en blind om die leeg in oog kaste te ag.

Toe drank my skuilte was-kon ek opsetlik die kyk in spieël vermy-en my stil noodroepe deur wêreld misken-eie eggo’s my tot kotsens toe wou laat slaap in n donker gemufte moeg.

Steeds die nagte verwyl om die son van vooraf te vermy-steeds die som totale van vlak asems in en soms asems uit.

Ek luister en ek fluister soms-want my gesels en klets beaam my stand in modder gestap-soms geval en weer op voete bevind-sonder dat ek wou.

Nou is ek hier-strompel voort om te hoor hoe dit met my genote in die wêreld gaan?

En ek hoor ander ook-met n eenderse stemtoon en ploeter skree as ek.

En dan die onthou!

Ek het toeka al vergeet om julle te sê.

Ek het eintlik lankal gesterf-en klem en klou aan my Skepper vas as moed in kop wasig raak sou ek graag Eden wou onthou en dalk n kans in nuwe hemel kon kry.

U hoor my-ek weet U hoor my Heer!

Jasmyn heenkome

Tuisgekom met bagasie op reise opgegaar.

Die hoekoms en waaroms-ineens met ’n kalmte begroet.

Bure met ’n kalmte, wysheid en hande met lewens are die onsekerheid knus bedek.

’n Village in Jasmyn aroma bedek.

Onsekerheid met warm gul harte begroet-vra ek Here dat ek tuis kan bly.

Want dit is hoe tuiskoms smaak.

Beskerm en bemoedig-is waarvoor ek bid.

Dit is hier waar die dou snags saggies val en die son my hart en wange met dagbreek aai.

Die oord waar ek hoort ken U die hart wat smagtend na U roep.

Jam eerste

Dit is die denker-wat alles overthink.

Dit is juis dissecting alles in talle fasette wat die las effe swaarder maak.

Dis toast wat val en jam die grond eerste raak-moedelose somme nie antwoorde op n skinkbord gee.

Die nag langer word met dinge wat pla.

Hoor my Skepper as ek vra-weereens vra.

As ek net die snytjie brood langer kan hou.

Dit kan breek met medemens krom gekreun en die hoekoms en waaroms net n mistigheid wat ons sig kom steel.

Here wys ons agter die einder wat U wil hê-hou my hand wyl U vir my sê.

Die laaste snytjie toast wat met sy rug na my lê en staar.

Het satan my weer van my U jam besteel?

Dis al wat en vra Skepper Heer-bietjie siels-jam vir n langer ruk tot dalk hiernamaals?

Ek roep Here-saggies dalk-maar meer smagtend Heer.

Troos en hou ons hand is al wat ek vra.

Die wêreld raas en U klink stil-skenk my moed om die blink kant bo te kan hou.

Tot U weer kom en salf kom smeer op die wêreld se seer

Blessings

Ek sit en wonder oor loeries stil.

Wonder ook oor Piet my vrou-wat sy gade nie meer roep.

Krans bobbejaan nog een keer sy bravade laat hoor onwetend sy profiel teen einder skets.

Die rooibok kug na skemer ook nou stil.

Ek staar na weerlig blitse stil wat einder van Oos tot Wes verlig en donder later my ore vind.

Die kreun steun van n leeu bitter eensaam vêr.

Patrys wat vir oulaas kelkie wyn.

Miere wat steeds met blare ritsel hul kos sonder kla huis toe dra.

Die korhaan wat skel sy opstyg uit basuin.

Ek hoor paddas wat op weerlig vêr-reeds al jubelend in hulle kore saam moet stem.

Die dwerg uil eensaam-die donker gemaklik vind.

Ek hoor U skepping Heer-hoe is dit dan dat my hart kommer voel?

Ek vra U vir teder skouer druk-my in harmonie met U gedagtes bring.

Sou die duister oor U skepping daal-my oë na uitspansel kyk waar my hulp vandaan sal kom.

Dis effe tuff hier rond Skepper Heer.

Swart Kraai roep

Oorpakke en voorskote nederig gebruik.
Kombuise en lang tafel gebede opeens stil.
Hout vloere en n rooi stoep met n lang gang waar eggos wag.
Aromas en onthou van groot ouers storie stemme ineens op grafsteen stil.
 
Alles geruil vir pakke en dasse emosieloos agter donker vensters skuil.
Karre, kerke groot en n blink orkes wat raas en n koor wat gil.
My kop dof gedoef-doef voort-U stem wat kwyn.
Preacher wat skel en gil-n gees moet vang wat my met leegheid vul.
 
Ek smag na skurwebas koelte van n bosveld boom-in U skadu vrede vind.
En trommeldik aan vergenoegdheid smul.
Hemel blou vanwaar U troos.
U my lewens oorpak skoon kom was-en my na U o Here weer laat smag.
Knus in harmonie met U beweeg en van n swerwer weeskind-aan U deel kom maak
Amen Heer

Effe Swenk

Ek oorweeg weer die afritte-afdraaie na hoekom en waaroms.
Ek wyfel en bekyk windrigtings-tans so effe dof.
Omkyk ritmes eskaleer-na gisters en winters verby-fronse dieper plooi.
Sou gebed die einder weer kom ets-na Bo straks kyk-vir hulp
aan te klop.
Straat kids skurwe hand groot mense vra-die hoekoms van n kort-lewensverhaal.
Moedskep met pogings wat faal.
 
Die wêreld tans in warboel wroeg-die son rooier vir dowwer maan moet wag.
Bekyk U dit ook liewe Heer-dalk deel ons n traan?
Die mens n slaaf en brûe verbrand vir eie gierige maalkolk bestaan.
Dit raak nou tuff hier rond-as U bietjie hand sal bysit Heer.
My gebede stotter kort-maar dringend raak!
 
(27/01/2020)

Asem skep

Ineens die nood om bietjie te stop en terug te kyk-dalk asem skep.

Asem redelik hortend-en bewus van einder vêr as wêreld goedsmoeds einde toe snel-tyd maak vir my siel om op te vang.

Geestelik water trap as die mos in wese skielik muf-maskers steeds die oë verder laat kyk-en trane geluidloos rol.

Vrae wat gevra moet word-antwoorde min.

Ontwykend ook met eie vaal stof vlakte deel as oase bar en die lower begin wyk-skalks weer oor skouer loer-waar my siel vertoef.

Die horlosie slof-slof voort-tot laaste uur as my Skepper weer kom kyk-siel sleep dra-maar steeds-steeds voort.

Kom dan gou hoor my Heer-want dit raak nou tuff hier rond.

Dan seker ook ’n Amen Heer?

Jesus

Ek sit steeds in die voorste gestoeltes by my weeklikse kerk.

Steeds met die wonder fronse-my vrae nie gevra.

Dominee steeds my vrae vermy-oor politiek en my bure tuis en dié oorkant die spoor.

Bloed gestort-rooi van edel kleur-Jesus net vir my-bleek wit siel.

Hoekom is my kerk net wit liewe Heer?

Hoekom kuier ons nie oor en weer-saggies praat as ek oor U vel kleur vra?

Dit pla my Heer-dat U hemel nie op aarde tuis kan hoort-watter kleur is U vel Jesus Heer?

Het U ook kon lag, dalk kleilat gegooi met die Jordaan se klei?

Ek weet U kon treur oor n vriend-sekerlik dan ook net bietjie lag.

Leer my Heer hoe U Stem sou klink-n glimlag ook aan my getoon.

My wit vel my anders na n broer laat kyk en dan die besef-U was nie bleek wit gewees.

U kleed was rein wit en nou staan ek skaam en weet die enigste kleur was in edel diep seer bloed my skande en oordeel bedek.

En politiek my hart en kop besmet en skeiding in U kudde bring.

Begenadig my as ek met oordeel selektief vir U n kudde bou.

Gister se kole gloei

Gister se kole gloei.

Die klippies wat ons in die oseaan gooi vir mense onthou.

Golwe die raaisel nooit verklap.

Staar ons na ’n son sak einder vêr-so oneindig vêr.

Sit ons steeds met net die gewonder oor.

My bosveld sug as ek vrae vra-die kole van vlamme vuur asof in gisters ontdooi.

Kan ek net die hemel sterre so bitter vêr en tog tasbaar naby bekyk.

Alleen roepe van skemer Piet-my-vrou-ook maar skuilte soek as die son hom ook versaak.

Nou die eggo’s van senuagtige krans bobbejaan-sy kroos moet tel as onseker skadu’s hom bekommerd maak.

Die gewonder as vlamme snak en kole begin helder word-onsekere berusting bring-my Skepper my skouer n ferm druk kom gee.

Te diep in n vuur tuur-geheime in skadu’s gehul-as my fokus gedwing hemel toe neig.

Patrys ook die skemer vrae vra waaroor my troebel gemoed nou wonder.

Ek vermoed ek trap water Heer-ek smag na U om my hart knus te hou-want waar anders klop ek aan?

U bekommerde kind-in U hart my koelte vind.

Dit bid ek U

Oorle pa

Ek is Larize  die moeder en David die pa

Hulle koppies het my hand vol gelê-dons haartjies telbaar klam-ogies toe en mikro klein sweet pêrels op die tip van hulle neusies fyn en dowwe fronsies reeds al toe.

My skouer en moeders hart hul vredes holte vir lyfies klein en ogies broos gesluit om rasper growwe wêreld uit te sluit.

My leed in n “hoekom?” na bo gestuur.

My hart kramp, skouers krom as U my U skouer bied-die sagste teer fluister wat wasem in my siel n aardse antwoord ontneem.

My moeë knie holtes met U liefdes plan gevul en my geboë skouers weer fier in geloof as U my gesin na U skuilte lei.

Hou my hand stywer vas o Heer seblief want my pa moet weg glip en die eina besig om die asem uit my te pars.

Neem my gesin en koester ons knus en laat U wil bowenal beskik.

Eks U kind en kneg so ook my man en kinders Vader Heer.

Laventel in trane gedoop

Lila mooi die jasmyn aroma smaak in my hart op ’n einder so vêr.

Leed en ’n traan wat steeds biggel in roetes uitgeets.

Hart met ewige vrae wat met eb en vloed se ritme in en uit.

My lewens deining uitspoel op ’n leë strand en tot kotsens toe eise aan my stel.

Sal ek myne nooit met ander kan deel. Ek smag na spoke wat spook in verlede te plaas-of hulle nou bedags deur jou gedagtes dwaal of jou in die donker nag bekruip. Dis in iemand se stap. In ’n reuk, ‘n klank, die lag van kinders en die gekrap van takke op jou dak. Vir ander alledaags. Vir jou diep gegrond

Vra ek skor vir U genade om my knus toe te vou en ek die oggend sonstrale weer kan sien speel op vars poele water met nuwe reën wat my wese vul.

Ek lê U skuinskop en betrag-en weet dat die donker berg maar net ’n molshoop is.

My insig deur U seën verkwik-staan ek hart wat bars vir al die genade gegun-U my lewenstuin weer laat bot

Vir vroue met leed en vrae

Wraak op ys-hou langer!

My hart klop een myl per minuut met die eerste keer en met die tweede keer het my bloed gestol en het ek nie gekots nie terwyl ek deur die teleskoop oor sy wang streel en sy asem in my gedagtes hou en daarmee speel was ongelooflik intiem en weird arousing-die gevolg van n skok oordosis adrenalin was dit bloot n natuurlike reaksie.

Die tweede keer moes gebeur om die leemte van diepste eensaamheid en n diepe angs te probeer verdryf.

Die bravade net n skuilte teen die wete dat jy n geskape wese aan sy einde gebring het en die diepe eensaamheid en bewende hande met drank en volgende voorvalle deel met die buddies en angs try wegspoel.

Maar n leë gees in jou vlees bly klou.

n Hol donker gat in die plek van jou siel.

En dan die vreemde gewaarwording van n hongerte vir haat wat soos koper smaak in my mond kom klou.

Die kyk na my hande wat my asem wegslaan met die besef daar is geen omdraai nie en my gewete my tronk sal bly en n stille gil uit volle bors my motivering is vir die ewige rondrol in my bed wyl die stêre onder my taan.

En die klaende hypocrites wat knus in hulle bedjies doeks met skoon gewetes en steeds tot op hede nie n vinger verroer het om n verskil te maak of die land n beter plek te maak nie, hoe klein ook al. Maar eerder verkies om lewenslank oor alles te kla en alles met ras wil vermeng.

Negatiwiteit reflekteer innerlike nederlaag-die denke van jou hart reflekteer wie en wat jy is. ’n Siniese persoon is iemand wat die prys van alles weet, maar die waarde van niks nie.

As jy in die hart verslaan is, borrel dit by jou mond uit.

Negatiwiteit sal hom altyd self regverdig en kies ook n baie klein vriende kring vir jou.

Negatiwiteit oordeel positiewe mense en verklein jou wêreld daagliks.

Wat ook al jou rede verswak, die gevoeligheid van jou gewete skaad, jou begrip van God benewel, die krag en gesag van jou gees oor jou liggaam verminder-dit is wat verkeerd is. Hoe onskuldig dit ook op sigself mag voorkom.

Negatiwiteit sal nie aan my klou nie

dit is my leuse op oorlewing.

En steeds sit hulle om die kampvure en spog en kla asof hulle weet.

Die met die grootste bekke het die minste gedoen en lieg in leke geselskap sodat boetie en sussie dink hy is n hero.

Met my eie hel in my kop sit ek hulle met minagting en beloer en wil weer kots om te weet as klein groepie deel ons die hel met mekaar-sommige hulself dood gedrink en sommige die gun teen die kop roete gevolg soos ek self ook gepoog het en net nie kon slaag nie en met genade van bo word die verlede agter gelaat maar soms moet ek hulle gadeslaan en na die aangeplakte bravade en geklets luister.

Wetende dat jy dit in die oë waarneem en net n klein groep dit onder mekaar herken en n skouer druk alles beteken.

Vandag is dit soos n verbleikte tattoo in die geheue en eensaamheid kwyn met wete dat die klop aan die deur nooit sal kom en n bydrae in stukkende wêreld altyd iemand stukkend heel sal maak, want jy ken die kyk van leed.

Die manne met die gunne en drink glase in die hanne om die braaivleis vuur vol bravade wie se magies en senuwees sou laat konk het en hulle broeke sou nat pis van bang wees.

Dit is die lewe

“The talkers and the doers”

Manne met klein medaljes is ons maar stil in sotte geselskap want as ek met die sot gaan redeneer sal die verbyganger nie weet-wie is wie nie!

Ek verkies om alleen te wees as om met mense om te gaan wat my eensaam laat voel.

David (child of God) Fitzcharles

Hy het n welige baard-wat tot op sy borskas hang.

Met n stetson oppie kop van die Skotse cowboy draw hy ’n Bybel in plaas van sy gun.

Sy perd het hy iewers ge-pawn vir die woord van God-en travel die rowwe paaie van nood-met die Heilige gees as vervoer.

Sy aardse pa hom gekwets en wêreld sonder mentor kompas weggestuur-toe word hy die ware man-met n ruggraat van n ware Gods man.

Sy klein gesin pas almal in die tjor-want Land Rover moes hy vervang-ratkas oppie grond en olie reuk wat in die lug rond hang.

“Best 4×4 by far-on tar”

Hys die self verdedigings teacher vir die kids-body kicks en punches gooi-met Bybel as body armour-gepanser teen die houe wat satan skelm gooi.

Hys haastig die maruti preacher man behalwe as hy sy ontbyt ruil vir n apple tert met room-en steeds omkyk of vroulief nie dalk loer.

Suidwes koffie kondensmelk soet as hy 1000 woorde in n minuut in pas.

Sy tye saam met my-gee my waarde as hy my wêreld uitkyk bepeins en oorweeg ook deur my pa koersloos weggestuur.

Hy is my preacher en my dierbare vriend-die man met ruggraat wie se stetson sy bles verbloem.

Welkom en geliefd by alle kuddes en sy geestelike humor by almal n stoffie tot nadenke los.

Sy vrou en kroos sy alles is-al sou hy in die middel van sy preek-sy geliefde kids verpes-is hulle sy hart se klop.

My gebede met u en gesin-waar u bediening en oop grafte besoek en die houe moet vat.

Verstaan ek na twee lesings hoe geestelike karate nou werk-swart belt of nie-n uitklop hou vir Satan aan die kruis reeds vir ons gedoen

Ek gaan maar vir jou ’n gedig moet skryf

My stemloos roos

Stil soos lavender in brose tuin.

Hoor ek jou stil roep

In blomtuin van my skemer dae.

Hoor my ook seblief

As ek stil in die aand by myself moet sit en kaggel assies nie meer gloei.

Jou mond steeds my aandag trek-al is dit foto stil.

Tog koester jy my-al is dit skemer reeds-op ons einder vêr.

Mooi bly en bly so mooi-jou hart klop soms sag.

Maar hoorbaar vir my.

Soms stil-soms teer.

Maar steeds my pols se ritme bepaal.

En met n kus die ewige stilte breek en die einder nader trek.

Lockdown

Skepper Vader Heer

Ek probeer tans U hemel meet o Heer.

My oë kyk na die halwe gesigte wat seer oë nie verbloem.

Die moeder gesigte se oë wat vol liefde maar stom na gesinsgesiggies kyk.

Voetgangers met nuwe skurwe bedel hande-jonk en oud n mengelmoes van kleur-is dit die nuwe herfs se kleur?

Pappas wat skouers trots orent probeer-as laste ook vir hulle n dure les kom leer.

Ek staan op n hoek en gade slaan o Heer-maar iets maak my bitter seer.

My donker lense vir emosie verruil-as ek saans in stilte my knie holtes vind.

En tog sê U woord-die einde steeds nie in sig.

Ek pleit by U-U Engele op ekstra poste nou moet waak en gesinne vas laat slaap.

Vader ek staar na die hemel meer-meer intens en keer op keer.

Die valleie van wonder en slape grys-glo ek steeds dat U lig sal skyn in n groter dal van dood skaduwee.

Ek pleit vanaand by U-om my n stukkie van U hemel te wys.

Dan weet ek-nie meer lank nie, dan is ons tuis

U kinders kry nou seer-so ook ek o Heer.

Ek soek tans pleisters vir al die seer.

Amen

Nukkerige teerheid

Van toeka se tyd wonder ek oor buffel se nukkerigheid.

Kwaad gebore-of goeters wat met groot word pla?

Voëltjies wat kamma bosluise peste pik -maar bloed smul soos geskoolde parasiet.

Mopanie vliegies wat dag na dag ore, oë en neus sonder verlof betree-tot kotsens toe pla.

Lewens lank onskuldig gevonnis deur n aardse pes.

Ons lewens bestaan en denke geskaad deur die ewige siels skending met vals intensies in ons maalkolk aardse bestaan.

Valse wêrelds hoop ons Skeppers leed vertrap-die geestelike sintuie tot onseker afgrond verdoof.

Buffels fronse diep-die aardse irritasie n helse donder word-as Skeppers genade in liefde knus die geraas in wese en ore blus.

Intens dan na einder staar-hoop op Verlosser op Engele wolk die gemor kom sus en die virus in skares vergader tog kom red.

Buffel-nukkerig?

(27/12/2020)

Mindfulness?

Wonder en droom ek die woord in Afrikaans?mindfulness?
Ek het al getry en gefaal-mindfulness?
Sou ek dit erken as dit my skouer n druk kom gee?
Onvoorwaardelik-ek skat dit is deel van mindfulness?
Onbaatsugtig-is dit n deel van-mindfulness?
In die skadu van Jesus-n DNA-onvoorwaardelik,
onbaatsugtig-mindfulness-skiet ek vêr tekort.
Mindfulness-in n wêreld grou en kil.
Mindfulness en met empatie teenoor die wat met ons skouers skuur-bloed of vreemdeling-gees genote kweek.
Alles te doen met mindfulness.
Slaag of faal-aanhou poog in n soeke tot-mindfulness.
Mindfulness-kan ons dit leef?
Dit is hoe jy liefde in praktyk kan spel.
Dit is immers die skeppings verhaal.
Mindfulness-dit is die pogings werd.
Mindfulness-dalk die brood wat op jou lewens poel moet dobber-sonder dat regterhand die linkerhand verraai.
1 Johannes 4:16-21

 

Stoep

Daar het al ’n paar jaar verloop vanaf sy intrek hier. Die alleen prentjie is opvallend-dit is asof dit ’n lewenskeuse was-of ’n dekades lange verloop van omstandighede.

Dit was net ’n bakkie met ’n klein trailer wat hom hier binne minute laat afpak en sy intrek geneem het. Dit is asof hy die ritme en roetine van ’n nomade jare lank leef.

Die tyd wat hy op die stoep in ’n handgemaakte harde hout stoel spandeer is asof in skofte opgedeel-daar is ’n mate van roetine wat gevolg word.

Dissipline uit ’n verlede gekoppel aan wakker, maar leed gevulde oë.

Saterdae-getrou en stiptelik om agtuur met-ligblou-maar-altyd-blou hemp en bypassende broek en Johnsons werksdrag velskoene-dit pas asof dit ’n kerk pak vervang-netjies en smaakvol-sy eie Afrika skepping.

En dan hang daar n sigbare kalmte en sy lyftaal-asof getroos en gevoed met sy tuiskoms-straal hy gemoedsrus en kalmte uit.

Om hom te verbind aan ’n weeklikse roetine is ’n onbegonne taak-dit is asof ’n instink hom weerhou en ’n onsigbare oorlewing sintuig sy roetes reël.

Hy is selektief by wie hy kort rukkies spandeer – met net een stoel op die stoep is dit duidelik hy dikteer kuiertye en -gaste wat wil tyd verwyl – maar sonder om te krenk.

Hy’t geliefd onder die straat mense-sal altyd ’n tydjie verwyl-raad en bemoediging gepaard met n geskenkie is waar jy die warm hart kan sien.

Tuis op sy stoep is dit weer die no nonsense kyk met ’n verlange diep-asof hy die social tools langs die lewenspad verlê het wyl hy die normale lewe van familie en ’n kroos ingeboet het op sy nomadiese reis en dit duidelik vir ander gegun wyl hy die opofferings maak-en toe skielik ’n punt van geen omdraai na die normale kan maak.

Snags klokslag gaan die ligte af – asof buurt in stilte wag dat hy weer te voorskyn moet kom-slenter drag met dorp toe gaan klere vervang-daagliks terug keer met ’n shopping bag innie hand.

Dit raak skemer in sy oë-met vrae van hoekoms en waaroms wat meer begin word-duidelike wroeging wat fronse verdiep.

Sal jy hom komende Saterdag weer sien verdwyn en met ’n kalmte wat weer vir ’n paar dae uit hom skyn.

En dan die besef dat die Here na hom omsien-sodat hy ander kan help.

Verwese prentjie as jy kortsigtig na hom kyk-dan die besef dat jy op die grootte van sy skaduwee moet let-al is sy oë wagtend op einder vêr gerig-wetend van iets groots aan die kom.

Spieël beeld van wat vir my wag.

Dagbreek

Dagbreek lyk heel melankolies in die aangesig van die berg.
En die son steeks met sy opkoms soos n rebelse kind om n vaal siek wêreld te ontmoet as die nag tog tou opgooi.
Steeds as hartseer die mooi dinge misvorm-in n wêreld ineens so vreemd.

Onder voete nou reeds kaal-is die gruis klippies kil en koel-as die sekelmaan sy laaste grynslag sluk en my oë weer na die horison toe dwaal.
Staan die gehawende flenter mens met asem vlak-die vreemde skuldiges en beloer.
Doodloop straat oor nag gevind as pappas weg van kroos moet staar en mammas braaf n glimlag kreun en star na n einder vêr moet staar wanneer trane na binne af moet rol.

Kom troos Skepper Vader asseblief-in nood nou enorm groot het U kinders nou vallei met donker skadu ingegaan.
As ons die potte van Egipte agter kan laat-as U ons oë weer in liefde hemelwaarts kan neig.
Plaas my hart weer in regte plek-in bordkas nogals benoud.
Dra ons Skepper Heer, as ons knieë in moedeloosheid mee wil gee-en wys my nuwe onverdiende knie holtes aan in hierdie vaal grys wêreld as U my bekommerd hart-knussies toe kom vou.
Dit bid ek U vanaand.

Lockdown

Skepper Vader-môre is dit veertig dae.

Veertig dae in my kamer stil.

Ek heen en weer met U-elke dag en elke uur.

Vandag die besef hoe U die tyd laat krimp-wyl ek my gedagtes met myself moet deel.

U kom daagliks besoek-gee die stilte weer n noot.

U het die patrys n nuwe lied gegee-sy skor keel heel.

Ek mis die loerie wat steeds wil klik-oor die miskruier wat sonder omkyk sy spens in tru-rat vind.

Ek lê soms rusteloos innie nag na plafon en staar tot U my hand knus kom neem-en nog n oggend by U tuis kan bly.

Ek verstaan nie als en my slape al grys-my fronse diep.

Steeds sit ek en peins-my liggaam en kop geskei-wonder ek oor die kil sekelmaan se kyk.

Ek roep na U in die nagte stil-die dae nou uitgerek langer word.

Hou my knus Skepper Heer-as ek broos aan U boesem kom skuil.

U ken veertig dae van swoeg-wys my hoe en ruil vir my n dag vir n uur.

Amen en alle eer aan U want dit raak nou tuff hier rond.

Weirdo

Dit is weird hoe my oë nou dubbel knip om te fokus en weird hoe ek snuif as son sak lila my hartsnaar vlindersag teer kom raak.
Dit is weird hoe ek stilte ervaar en selfs waardeer met n ewige sonbesie in my oor en miskruier doelloos in die rondte stap.
Dit is weird hoe ek stip in n vuur kan tuur en steeds naggeluide waardeer wyl luiperd stil sy tyd verwyl.
Ja dit is weird as ek stil en soms eensaam n tikkie humor wil deel net om n lagplooi te tooi.
Regtig weird en meer stil raak voor my Skepper se aangesig.
Weird om n weird nuwe woord te skel op die mal taxi sonder flikker en beter toeter voor jou, regtig weird.
Dit is weird om te weet dat alles nou op n draf stap in n deurmekaar wêreld gebeur-weird dat iets-iewers moet inkonk want ek ervaar emosie en deel in leed en pyn en dat Afrika se hartklop onstuimiger raak en konflik aan voordeur klop.
Dit is weird dat antwoorde skielik begin ontbreek en weird vrae meer begin word.
Dit is alles weird maar alles okay as my Skepper troos en my hand net stywer vas kom hou.
Dan weet ek-weird is fine-heeltemal fine al is weird meer weird.
Ek bid my Skepper seën in hierdie weird plek waar ek stom geslaan alles gade slaan en snotneus kinders net meer en meer word-ouers jonk en in sak en as wanneer pappas bloot verkas.
Die wolke minder raak en grond onder my voet weird krakend en  kreun in bosveld dor en rooibok se kug stiller word en Piet my vrou nie n maat het om te roep.
Die weer donder diep en ook meer as die weerlig blits op n land in twee geskeur en die oseaan se deining grense breek.
My Skepper se traan oor wêreld deur weird mense stukkend gelaat.

Rentmeesterskap

As jy tuis voel in jou vals hoekie-na n vaal muur staar.

As jy omdraai en vermy n opsie maak.

As jy sak vol oordeel op jou heup rond dra

As jy vergeet om jou spieëlbeeld te face en saam te abba dra

As ons tyd verwyl by skurwe vuil stukkend ge-aarde mens

As ons tyd verwyl by straat hoer en n pleister plak

As ons gom snuif kaalvoet kind vas moet druk

As ons tyd vir omgee ons weg laat kyk

Gewete gesus as ons kleingeld gryp met mense wat staar

Gewete gesus as ons kan vertel hoe regterhand linkerhand verneuk

Gewete gesus as ons met magies vol snoesig lepel lê

Gewete gesus want ons het mos gegee-sente gegee en met hartjies rein fake sondetjies Jesus se vergifnis vra

Laat die vrot lyf aroma in jou neus nes kom maak

Laat die hartklop van leed kom fladder teen jou siel

Laat jou wegkyk n omkyk word

Laat jou hart jou lei-tydjie te verwyl, jou week maak en jou skadu ’n ander heel maak

Storm op pad

Ek het geweet my gedagtes is met emosie gevul.

Ek het ook besef dat my emosie aan woorde behoort.

Ek het ook besef, ’n storm is op pad.

Agter my oë stu die hoop, drukkend en met leed.

Vrae na bo gerig wyl n aarde rond-my einder verneuk.

Daar is n storm op pad – sowaar, daar is ’n storm op pad.

Ma het toeka al gesê-“daar is n storm op pad, my kind”

Die duister einder ver en vaag-beaam dit sowaar.

n Karton boks bed vir n  gomsnuif pavement kind.

Die wêreld se spoeg nog blink op kind se hartjie vol bang.

Wyl die voet oorgang se strepe steeds nie wil paar.

Woed die storm reeds in my keel-gevul met leed.

U bloed ons skoon gewas en U tog die storm terughou Heer?

U hou dit tans agter einder vas-maar tog lê ons knus en slaap.

My emosies smag na woorde sonder om n siel te skaad.

Vul my lamp met olie wyl ek ander steun.

Wetend dat ’n storm kom – met leeg oog mens op straat se hoek.

Wonder ek hoekom blink kar met vensters swart steeds oor sy seer voete ry.

Ek smag om stukkend mens se oë met hoop te vul-wyl U my lampie met omgee olie vul en U die storm spoedig uit laat woed want toeka al-het my ma van huis toe gaan gepraat

 

Empatie

As jy die gebroke mens gewaar-dra twee pleisters met jou saam-een vir jou mond en een vir die seerkry mens se wond.
Laat hy teen jou skouer leun en jou ore leen.
Vertoef vir n wyle.
 
En jy sal n oes van vreugde win uit die trane saad.
Vloeibare gebede met trane wat aan die binnekant af rol.
En in Psalms sal jy met trane saai maar met n gejubel maai.
 
Dis min gevra en sal nie moeite wees-om jou ore te gebruik sodat ander hul leed kan spreek.
Jy met n gedagte die pad aandurf-stof tot nadenke-in plaas van n skôr raadgee keel jou vergesel.
 
Die stof op die skoene bietjie bly klou-die ander wang draai en n tree of meer vergesel-en die vreugde van nederig mens wees oor jou spoel-en seën soos n dons wolk op jou kom rus.
 
Dit is die oomblik dat aroma soos sagte mos teen oggend dou n kalmte bring-vergenoegdheid met n sagte amen berusting bring.

Omkykwegkyk

Fetus krom gekrul soos die nagemaakte emosie glimlag van n nar wat die son se volronde kring probeer kul
Soos wasem in n spieel voor n ander spieel beeld eggo
Komplekse ewe getalle van n sonstraal wat die somme in die lewe laat klop
Polsslag huigelend die skewe maan betrag met n lewe te kort om mens te wees
Het ek gekom om te speel dat ek speel om te speel?
My lywige taak in seёllose possak onder my ewige Koelte boom gevind
Soveel keer met teer aanraking vir my in die bres getree
Omdraai en staar na horison agter gelaat
Wetend dat n einder voor ook wag
My kind kom vat My hand-reddend sag
Stap liggies oor die pad vir jou berei
Opkyk werd met n asem sug wat my hart herlaai
Altyd opkyk werd in ewige knieë holtes gevind

Die mot in die kop

Politiek besmet,gebroke en verniel
Aangeplak, taai, ge-ets op ons juk
Stof spoor deur gekneusde siel
PW, FW en PIK, hoeveel bloed vir jul geluk
Broeders in die bond,maatjies bymekaar
Het julle ons seuns hart se skrik kom voel?
Wyl die stank van bloed in ons koppe woel
Kuier by my,kom gesels oor leĕ oog se staar
Kom sit by my,op my koue stoep
Nimmer weer n dop,ek pyn nie meer
My Vader in die hemel het my geroep
Ek weet jy slaap knus,jy,sonder geweer
My dors geles,my gees vervul,dankie Heer
U het my kop gedraai,weg van die seer
Sal U die spoke weer kom keer
Gekniel roep ek hard na U!nog n keer
Half seun-half man-die vreug van n jeug,ons ontneem-
Oorlog gespeel met wapens wat brand-alles vir julle leun
Waars jou seuns?nie op die grens van my land!
Groot man oorlog op seuns skouers geneem
Jy bad in heuning vir my bedoel
Jou gewete gesus,jou kussing knus
Wyl ek die stank uit my geheue probeer spoel
Sus my Skepper my,kom en berus

Nogals bad hier rond

Vader U was al hier gewees-dit is nogals tuff hier rond?
Ek is homesick en wonder soms-hoe lank nog-ploeter voort?
Ek sien dinge wat ek weet nie weer sal herstel
Ek sien honger mense skarrel vir n stuk brood –sypaadjie kinders-Suigend aan gom tietie bottels wat leed verlig en koue karton doos kombers.
Ek sien n blink kar met donker vensters-met leeg oog aangegluur
Ek sien droeĕ oĕ-leeg gehuil en stukkend getrap
Ek sien kinders met merke,snot neuse en jong boemelaars ook
 
Ek sien bebloede families van plase gestroop
Wat maar net in die niet staar met n vraag
Ek sien die rook en roet en n baie kwaai see
Ek sien hope dooie grond vir skatte gedelf
 
Ek sien n kind en dier verinneweer na mense se smaak
Ek sien skurwe hand ,krom geboeĕ,diep geplooide,
gebroke pappas wat net wou help
Ek sien die seer van opregte moedermense raak
 
Ek het mense met blink pakke met geld in die verte ook gewaar
Hoe en waar kan ons keer en help-met so n groot taak?
Vader-my Vader-toe U hier was,was dit net so gelaat?
 
Sien ek U ook soms met n traan op U gelaat
U het ons met n keuse gelaat-het U dan nie geweet?
Dat U skepsel nou hier sit en aan seer verwondering oorgelaat
Vader kom help tog gou-want dit nogals tuff hier rond!

My donker bang

Ek is gn vreemdeling vir die donker pa.
Toe ek innie donker die hek moes oopmaak-ekt jou vertrou-maar jyt my net daar gelaat.
In die donker nag oppie plaas-was die kleinhuisie vêr-ek was maar ses
Ja pa-maar net ses.
Ek moes groot word-jou skel en stem merke op gees en vlees gelaat.
 
Pa-jyt my kans op kind wees-my ontneem.
By kind wees kon ek nie tyd verwyl.
Ek het grondpad roete gekies-sonder mentor as kompas.
Pa-ek het my kop seer gestamp-my hart ook soms gebreek.
Pa-my ma se gebede het my in blindheid gelei al het ek die afdraai paaie soms gemis.
Die roetes wat pa en jou dogters vermy-is die rede hoekom die Here my hand kon vat en lei.
 
My verlange reeds geroes en vergeet-is alles aan jou as pa oorgelaat.Stemloos staan ek dit en gade slaan.
Ek was maar net kind.
Ek was maar net verward.
Ek was net n kind wat sy pa trots wou maak.
So het pa,staat,army en grens met goddelose politiek my ook versaak.
 
Steeds is dit ma se gebede deur my Skepper onthou.
Ek is deur die donker verlaat-want n Gods lig in my het dit gekwyn.
Ek wonder of pa die donker ook nou ken?
Ek wonder of pa nou weet dat donker die oorsaak altyd sou vind.
Ek is wel alleen want so het pa my gespeen.
Ek was net kind.
Pa-net n kind!!
En nou baie geseën met heelmaak pleisters oral op my lyf deur Skepper knus toegevou.
Alexander Edward Carté is my naam en sal ook saam met my graf toe gaan want n kind as Carté is my ontneem,die dag toe jy my foto van die muur afhaal.
Groetnis en seën waar pa ookal staan.
Ek dink daar is nou n sagter kyk in my oë-want Here help ons want trane mag nooit aan binnekant van n kind se wange af loop.
Nooit weer nie.
Pa-nie meer nie.

Stilte so intens

Die see homself stil gereed maak vir sy laaste golf.
Die son die aarde se poele water waar n kind moes plas-brand tot gekraakte skildery-miere en bye leweloos hul werk gestaak en n kwikkie stert skielik stil.
Ek hoor die Zebra hees na familie roep,die brandwag met betraande oë alles gade slaan.
Die grys grinnik van lewelose mynhope en diepe wonde in aarde diep.
Die natuur sy oor draai vir onweers donder vêr en n leeu se laaste eensaam skorre brul as die geraamtes op hom skel en wildebees slof-slof voort as kwê-voël niks het om oor te klik en meerkat die niet in staar.
Die intense stilte van kanonne stil en die wêreld verskrik opkyk asof in vakuum toegevou en die horlosie staak-alles stil.
 
Staan ek soos n paal in sand geplant-soos n albaster wat weerskante toe rol voor n keuse om te maak.
As God net toekyk en wonder of Hy my kom haal?
Die senu van mensdom styf gespan aan n keuse oorgelaat.
 
Wonder ek steeds-Vader gaan U dit net so laat?
Hart beangs en wyfel in geloof as die hele aarde stom wonder oor dit wat kom.
Skielik weer n staan horlosie wat tik-tok voort-nie n omkyk werd
 
Kom help tog Heer-die wêreldse leed.
Ek snak in gebed en smeek-want hier het lewe taai geraak as n kinder asem vol trane teen mamma skouer sug.
Hou my knus wyl gierigaard se donker venster kar die lewe uit my pars en die wêreld weer ploeter voort in brakland agtergelaat.

Sonop en mooi

Na my winterslaap,
bibberend en knersend seer
Ontwaak ek met skuldig oog na vergifnis son op my gelaat
Beendere krakend van swoeg-sweet gevries om my hart
Slaan ag op my kake vas geklem en my uitroep stom
 
Hees ysige rasper my keel verniel
Klein ys pilaartjies my visie vul
Skor en knersend by U om hulp kom smeek
Hoor U my ooit,kyk af na U skepsel seer en bleek
 
Uitroep sonder greep gespalk in siel wat brand
Vra en smeek ek,vir U liefdes vuur in my hart
Spoel my seer verskroeide oё met U liefdes traan
Hou my en vou my toe in skouer holte met vergifnis saam
 
Hoe moes ek my verlede in tydgleuf vind?
Hoekom my op yskoue gladde pad bevind?
U het oor my gewaak in spasma hart alleen gevoel
Hou die deur oop,Here hoor my!hou die deur net oop!
 
Ek smag na U in wereld rof-my lyf so seer,my oё dof
Maak my tong en lippe skoon-my uitsprake met geloof
Vul my visie met U troon in getroue liefde behou
Weet dat ek U aanbid al was ek soms ontrou

Lafentel in trane gedoop

Lila mooi die jasmyn aroma smaak in my hart op n einder so vêr.
Leed en n traan wat steeds biggel in roetes uitge-ets.
Hart met ewige vrae wat met eb en vloed se ritme in en uit.
My lewens deining uitspoel op n leë strand en tot kotsens toe eise aan my stel.
Vra ek skor vir U genade om my knus toe te vou en ek die oggend sontrale weer kan sien speel op vars poele water met nuwe reën wat my wese vul.
Ek lê skuinskop U en betrag-en weet dat die donker berg maar net n molshoop is.
My insig deur U seën verkwik-staan ek hart wat bars vir al die genade gegun-U my lewenstuin weer laat bot
Vir stukkend vroue

Wraak

Wraak op ys – hou  langer!

My hart klop een myl per minuut met die eerste keer en met die tweede keer het my bloed gestol en het ek nie gekots nie terwyl ek deur die teleskoop oor sy wang streel en sy asem in my gedagtes hou en daarmee speel was ongelooflik intiem en weird arousing-die gevolg van n skok oordosis adrenalin was dit bloot ’n natuurlike reaksie.

Die tweede keer moes gebeur om die leemte van diepste eensaamheid en ’n diepe angs te probeer verdryf.

Die bravade net ’n skuilte teen die wete dat jy ’n geskape wese aan sy einde gebring het en die diepe eensaamheid en bewende hande met drank en volgende voorvalle deel met die buddies en angs try wegspoel.

Maar ’n leë gees in jou vlees bly klou.

’n Hol donker gat in die plek van jou siel.

En dan die vreemde gewaarwording van ’n hongerte vir haat wat soos koper smaak in my mond kom klou.

Die kyk na my hande wat my asem wegslaan met die besef daar is geen omdraai nie en my gewete my tronk sal bly en ’n stille gil uit volle bors my motivering is vir die ewige rondrol in my bed wyl die sterre onder my taan.

En die klaende hypocrites wat knus in hulle bedjies doeks met skoon gewetes en steeds tot op hede nie ’n vinger verroer het om ’n verskil te maak of die land n beter plek te maak nie, hoe klein ook al. Maar eerder verkies om lewenslank oor alles te kla en alles met ras wil vermeng.

Negatiwiteit reflekteer innerlike nederlaag-die denke van jou hart reflekteer wie en wat jy is. ’n Siniese persoon is iemand wat die prys van alles weet, maar die waarde van niks nie.

As jy in die hart verslaan is, borrel dit by jou mond uit.

Negatiwiteit sal hom altyd self regverdig en kies ook ’n baie klein vriende kring vir jou.

Negatiwiteit oordeel positiewe mense en verklein jou wêreld daagliks.

Wat ook al jou rede verswak, die gevoeligheid van jou gewete skaad, jou begrip van God benewel, die krag en gesag van jou gees oor jou liggaam verminder-dit is wat verkeerd is. Hoe onskuldig dit ook op sigself mag voorkom.

Negatiwiteit sal nie aan my klou nie

dit is my leuse op oorlewing.

En steeds sit hulle om die kampvure en spog en kla asof hulle weet.

Die met die grootste bekke het die minste gedoen en lieg in leke geselskap sodat boetie en sussie dink hy is ’n hero.

Met my eie hel in my kop sit ek hulle met minagting en beloer en wil weer kots om te weet as klein groepie deel ons die hel met mekaar-sommige hulself dood gedrink en sommige die gun teen die kop roete gevolg soos ek self ook gepoog het en net nie kon slaag nie en met genade van bo word die verlede agter gelaat maar soms moet ek hulle gadeslaan en na die aangeplakte bravade en geklets luister.

Wetende dat jy dit in die oë waarneem en net ’n klein groep dit onder mekaar herken en ’n skouer druk alles beteken.

Vandag is dit soos ’n verbleikte tattoo in die geheue en eensaamheid kwyn met wete dat die klop aan die deur nooit sal kom en ’n bydrae in stukkende wêreld altyd iemand stukkend heel sal maak, want jy ken die kyk van leed.

Die manne met die gunne en drink glase in die hanne om die braaivleis vuur vol bravade wie se magies en senuwees sou laat konk het en hulle broeke sou nat pis van bang wees.

Dit is die lewe

“The talkers and the doers”

Manne met klein medaljes is ons maar stil in  sotte geselskap want as ek met die sot gaan redeneer sal die verbyganger nie weet – wie is wie nie!

Ek verkies om alleen te wees as om met mense om te gaan wat my eensaam laat voel.

Nou te koop:

Skeppingsgenade beskou in 360 grade
Skeppingsgenade beskou in 360 grade

ongetiteld

Voel skaam om dood te gaan voor jy iets vir die wêreld om jou gedoen het.

Moenie durf jou hand laat reik na die kleingeld in jou beurs om vanaand vir Jesus dankie te sê vir die kossies en kleertjies nie.

Jou gemor en agter die hand praatjies maak alles mank en jy’s eintlik die las.

Raak aan die skurwe bedel hand, die leeg oog snot neus kind en ook die skelm kyk straat se brak.

Ek beloer die harwar by kerswinkel en weet in nuwe jaar sal ashoop plundelaars hulle Christmas shopping doen en wonder hoekom die mure valer en hoër word en die karre meer blink.

Liewe Vader wat het hier gebeur?

Die see onstuimig woes en die woud wat brandend gloei waar die hael nie tref en toe raak alles dors.

Hemel Vader-U was hier gewees net ’n rukkie terug.

Is dit hoe ons dit vir U gaan los?

Alles broos en dwalend na uitkoms nie in sig.

Ek vra n plekkie knus soos die Bosveld koelte waar ek U ontmoet.

Laat ek pleisters plak waar ek ook al in U naam gaan.

Sien jy my?

Ek wou so graag my lewe deel

Sou so graag nederig wou vertel van dinge gedoen en van dinge gedroom en dinge gebid

Toe ek die staat se vyand in die oë moes kyk, toe my vyand ’n ander se held was

Toe ek kriminele gesoek en met min tegnologie gevind, gevang, vervolg en skuldig gekry het en ’n vreemde pa van kinders in die howe verligting van vonnis afgesmeek het sodat hulle hom nie sou mis nie

Ek sou so graag wou deel dat ek ’n spesialis skerpskutter was en trots was op my talent

Ek sou graag wou deel dat ek ’n wêreldkampioen geklop het

Ek wou so graag my aanprysings en medaljes asook die aliases met jou wou deel en my suksesvolle koeverte operasies onder ’n alias ook en met ’n vrou n bed deel wat ek mee trou met ’n vals id en al die hel verniet en ongesond was

Ek wou so graag die bang, die vrese van n toekoms sonder adrenalien maar met die vrede van God in my hart met jou deel

Jare van ’n naam geroof om my eie identiteit te verbloem dat ek nie jou raad kan vra van wie ek eintlik is

Dertig jaar is ’n lewenslange vonnis maar my Skepper is dag vir dag besig dat ek myself kan vind

Dalk verstaan jy nie my rusteloosheid, dalk weet jy nie hoe om pal oral te kyk, voor en agter jou en omgewing permanent te evalueer nie

En steeds soek ek net na ’n rustigheid, normale lewe om stil te raak sonder om te luister en raak te sien wat ander mis

Lang jare vorm ons lewe en langer jare word in die kop sement maar my Skepper vergewe en tel my op en koester my want jy ken en verstaan my nie werklik nie

Ons word van binne skoon gewas bly net opkyk en rustige vergifnis wis satan aanklagte uit

Een dag op ’n keer, een tree vir nou vorentoe nooit weer terug

Eendag sal ek dalk weet hoekom my keuses so verskil van ander mense sin

Hoekom ek nie in n normale lewe meer kan pas, hoekom kluisenaar vir my ’n heenkome is, hoekom ek gaan kuier sodat ek vroeg en agter paaie kan ry

Hoekom ek roep en weer roep na God

Hoekom ou vriende en sekere familie my groei in geloof vermy nadat God my na die waarheid gelei het. My lewe is ’n warboel van hoekoms en waaroms maar ek staan vas in die groot Skadu van God en is en bly Alexander Edward Carte.

Een voet oppie grond

As jy tuis voel in jou vals hoekie – na ’n vaal muur staar.
As jy omdraai-en-vermy ’n opsie maak.
As jy sak vol oordeel op jou heup rond dra
As jy vergeet om jou spieëlbeeld te face en saam te abba-dra
As ons tyd verwyl by skurwe vuil stukkend ge-aarde mens
As ons tyd verwyl by straat hoer en ’n pleister plak
As ons gom-snuif-kaalvoet-kind vas moet druk
As ons tyd vir omgee ons weg laat kyk

Gewete gesus as ons kleingeld gryp met mense wat staar
Gewete gesus as ons kan vertel hoe regterhand linkerhand verneuk
Gewete gesus as ons met magies vol snoesig lepel lê
Gewete gesus want ons het mos gegee-sente gegee en met hartjies rein fake sondetjies Jesus se vergifnis vra

Laat die vrot lyf aroma in jou neus nes kom maak
Laat die hartklop van leed kom fladder teen jou siel
Laat jou wegkyk ’n omkyk word
Laat jou hart jou lei-tydjie te verwyl, jou week maak en jou skadu ’n ander heel maak

Blou in die lug

Die lug is soet en dis goed om die son te aanskou
Skeppershand, ferm op stram skouer voel
Wanneer die distels die asem uit jou pars
Met die verderf wat etter in jou wonde kom smeer

Die oomblikke van ver van jou Skepper verwyder voel
met die besef – jy het stil-stil weg beweeg
Sonder beskerming sit jy nou die wêreld en betrag
Verwonder of nuwe seëninge ook kan tel

Kwylend na paspoort staan ek kyk, na ’n nuwe wêreld hierna
Met ’n vergenoegdheid besef dat ons net tydelik hier vertoef
Die skuinskop skepsel opnuut maar weer vra
Sal U asseblief my die hele ent pad maar weer dra?

Die more wink met ’n nuwe sagter lila kleur
Saggies berus in skadu waar ek beskerming weer vind
Stilte my diepste wese raak-van dankbaarheid wat ontwaak
Stapel ek hopies van blydskap oor die ou blare van gister se herfs

Skuins leun-staan teen Beskermer en skurwe-bas-Bosveld-koelteboom
My vreugde soos ’n miershoop aan die stoom van namiddag se buitjie reën
Fisante skarrel, asof agter die walm van vars gereende dankbaar grond
Dank ek U – vir nog ’n asem teug geleen en vir moedskep in mildelike seën

Die mot in die kop

Politiek besmet, gebroke en verniel
Aangeplak, taai,
geëts op ons juk
Stofspoor deur gekneusde siel
PW, FW en PIK, hoeveel bloed vir jul geluk

Broeders in die bond, maatjies bymekaar
Het julle ons seuns hart se skrik kom voel?
Wyl die stank van bloed in ons koppe woel
Kuier by my, kom gesels oor leĕ oog se staar

Kom sit by my, op my koue stoep
Nimmer weer ’n dop, ek pyn nie meer
My Vader in die hemel het my geroep
Ek weet jy slaap knus, jy, sonder geweer

My dors geles, my gees vervul, dankie Heer
U het my kop gedraai, weg van die seer
Sal U die spoke weer kom keer
Gekniel roep ek hard na U! Nog ’n keer

Half seun-half man-die vreug van ’n jeug, ons ontneem –
Oorlog gespeel met wapens wat brand-alles vir julle leun
Waar’s jou seuns? Nie op die grens van my land!
Groot man oorlog op seuns-skouers geneem

Jy bad in heuning vir my bedoel
Jou gewete gesus, jou kussing knus
Wyl ek die stank uit my geheue probeer spoel
Sus my Skepper my, kom en berus

Sonop en mooi

Na my winterslaap,
bibberend en knersend seer
Ontwaak ek met skuldig oog na vergifnis son op my gelaat
Beendere krakend van swoeg-sweet gevries om my hart
Slaan ag op my kake vas geklem en my uitroep stom

Hees ysige rasper my keel verniel
Klein ys pilaartjies my visie vul
Skor en knersend by U om hulp kom smeek
Hoor U my ooit, kyk af na U skepsel seer en bleek

Uitroep sonder greep gespalk in siel wat brand
Vra en smeek ek, vir U liefdesvuur in my hart
Spoel my seer verskroeide oё met U liefdes traan
Hou my en vou my toe in skouer holte met vergifnis saam

Hoe moes ek my verlede in tydgleuf vind?
Hoekom my op yskoue gladde pad bevind?
U het oor my gewaak in spasma hart alleen gevoel
Hou die deur oop, Here hoor my! Hou die deur net oop!

Ek smag na U in wêreld rof-my lyf so seer, my oё dof
Maak my tong en lippe skoon-my uitsprake met geloof
Vul my visie met U troon in getroue liefde behou
Weet dat ek U aanbid al was ek soms ontrou

Ek’s moerig

jy skip ‘n rooi verkeerslig en vermink ‘n ma se kind
jy kom in ons huis en verwond my pa met ‘n graaf en verkrag my ma omdat jy ‘n selfoon kort.
jy gooi jou stompie in die hospitaal tuin want jou gewete en klere se stank van
gierigheid maak jou ‘n president en weeskinders land op straat en spuit gif in ‘n aar om dit makliker te maak aan almal wat voor jou kruip.
jy’t neusringe met prentjies op jou lyf en soek een in jou tong ook.
jy skop ‘n straatbrak wat druipstert jou smeek vir liefde hom ontken.
die blink kar met vensters getint skuil jy as lafaard vir die man met die plakkaat op hoek van die straat.
jou vrou en kinders oorvreet hulle aan kos van die mense wat hul haat en met pruike en skin toner met nagemaakte brands sonbril om te lyk soos die madam wat jy haat en so vals soos jou wese en doelloos bestaan.
jy vat by armes en trap op kinders wat hulle Skepper aanbid
jy is in my gesig en het deel van my lewe geword
saans kry ek nie skoon geskrop want jy klou aan my lyf soos bosluis en teer op gewete en my skoon bloed omdat jy smag na iets meer.
jy verkrag my land en steel by snotneus kind van ‘n toekoms beroof.
ek weet dis goed teen kwaad want my Bybel leer my so.
ek neem verantwoordelikheid vir dit waarop jy kots
jy steel my vreugdes skadu wyl ek my siel probeer red.
ek sien jou eendag hopelik anderkant die draad wat skei tussen goed en kwaad.
ek is moerig vandag want ek dra die sorge van alles wat jy verkrag
jy steel by die armes en bestee dit op hoere en drugs.
jy is die maak soos ek wil, wanneer ek wil en hoe ek wil
jy is die slaaf van jou eie wêreld deur jou geskep.
jy is die een wat ongebore babas vermoor en dink met hulle organe kan jou moetie dokter jou sterker en slimmer toor.
jy is die een wat dink ‘n hiernamaals is om voorvader geeste te vertrou.
vandag is ek moerig as jou donker skaduwee my sonlig verdryf

jy kom voor in elke denkbare kleur en met ‘n veragtelike geur.
gewete en empatie het jy saam met jou siel verkoop en geruil vir ‘n stuk hel wat jy soos ‘n slapgat vrees.
vandag is ek lus om jou te skilder anders dink jy dalk ek het die stryd verloor.
ek bid vir almal, maar ek wonder oor jou? Jy is reeds agter gelaat en sal dalk eendag vir altyd hier moet bly.
vandag is ek moerig, ja moerig verby omdat jy my in my trip hemel toe kom pla.

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Waar woorde. Wees daar vir iemand in nood, sonder om te judge.

Lewer kommentaar

Leave a Reply