Die enigste Suid-Afrikaner wat ‘n gebreekte enkel in premium vermaak kan omskep, is terug. Marc Lottering se nuwe vertoning, Ankle Marc, bewys dat selfs ‘n maanstewel nie sy skerp tong kan keer nie.

Ná dekades waarin hy gehore laat huil het van die lag stap (of liewer strompel) hy 2026 binne met ‘n gebreekte enkel én ‘n vars bondel stories.

Asof ‘n indrukwekkende rak vol toekennings nie genoeg is nie, is Lottering onlangs ook opgeneem in die SA Comics Choice Hall of Fame – die amptelike bevestiging dat Suid-Afrika se nasionale voorraad lag steeds in veilige hande is.

Die vertoning duur 70 minute sonder pouse by Die Boer in Durbanville 14 en 15 Julie om 20:30. Kaartjieskos R220 en beskikbaar by 021 979 1911 of www.dieboer.com

Kinders? Nee dankie. Hierdie lag is streng vir grootmense wat weet dat die lewe soms ‘n enkel breek.

Marc Lottering foto Dimitri Otis
Marc Lottering, foto: Dimitri Otis

Lewer kommentaar

Leave a Reply