KAAPSTAD – Kaapstad se feesseisoen kry vanjaar ’n stewige dosis verbeelding, want Alice is terug — en sy bring haar hele mal menasie saam.

Geïnspireer deur Lewis Carroll se klassieke kopkrapstories, beloof hierdie nuwe balletproduksie om jou in ’n wêreld te dompel waar niks logies is nie, behalwe dat dié kaartmannetjies altyd die meeste drama veroorsaak – dink nou maar aan die EFF.

Die nuuskierige Alice leer nooit. Sy stap wééreens agter ’n konyn aan en beland in ’n land vol kreature wat klink asof hulle uit ’n kreatiewe ouerkomitee ontsnap het: ’n kat wat altyd grinnik, soms-vriendelike ridders, en ’n koningin met die humeur van ’n Springbok slot.

Die produksie spog met 90 kinders wat hul debuut maak as speelkaarte, blomme en visse — waarskynlik die enigste plek waar ’n mens kan sien hoe ’n Tien van Harte saam met ’n Goue Vissie dans sonder dat iemand ’n gesprek oor identiteit wil voer.

Elke vertoning kry 30 van hierdie jong sterre, perfek gechoreografeer deur Cape Town City Ballet om laerskool chaos beeldskoon te laat lyk.

Waar en Wanneer?
📅 12 – 28 Desember

Cape Town City Ballet – Alice in Wonderland
📍 Artscape Theatre Centre, Kaapstad
🎟️ R200 – R400

Gaan kyk dit … of ten minste, gee voor jy doen … vir die kulturele kapitaal.

Alice in Wonderland
Alice in Wonderland

Lewer kommentaar

Leave a Reply