KAAPSTAD – Cats – daardie internasionale musiekteater-mosbolletjie wat nooit oud word nie – is weer op Suid-Afrikaanse planke. En ja, Andrew Lloyd Webber se ikoniese “Memory” is ook daar om aan jou hart te pluk soos ’n kat wat met wol speel.

Die produksie belowe al die fluff en teater-glans wat jy kan hanteer: asemrowende choreografie, kostuums wat lyk of iemand ’n glitter-bom in ’n pelswinkel laat ontplof het en ’n reuse-rommelhoop-stel wat die kuiergaste uit Bloem sal laat tuis voel.

Die nuwe Suid-Afrikaanse speelvak sal enige huiskat se oë laat blink – met ontwerp deur John Napier, choreografie deur die legendariese (en nou hemelse) Gillian Lynne, en regie deur Trevor Nunn, die hoofkat wat die teaterwêreld al vir dekades laat spin.

Wanneer: 10 Desember – 11 Januarie 2026
Waar: Artscape Theatre Centre, Kaapstad
Kaartjies: R180 – R580

Cats
Cats

Lewer kommentaar

Leave a Reply