Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - ReŽn
Winkels
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Gedigte

Gedigte kan HIER gestuur word.

Digters Anoniem

Forum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...

Hoop

Hoe oneindig diep steek die pyn
Wat my hart laat wegruk
In 'n wentelbaan donker en verlore
in die heelal se sterreskyn …

Hoe seer maak die woorde
Hoe eggo elke letter se refrain
Woorde wat mens kan ophef en
woorde wat lewe in jou kan laat verdwyn …

Hoe gryp mens vas aan HOOP
as dit hang aan 'n dun silwerdraadjie
God lei jou hand daarheen.
Jy hou dit vas met GELOOF
Al is dit so klein soos 'n mosterdsaadjie.

Delia Rossouw

17 September 2008

Teleurstellings

Die teleurstellings in jou lewe
Gooi jou soms terug ...
Op die pad wat jy voorheen geloop het,
Maar hierdie keer kyk jy nie terug.

Die teleurstellings in jou lewe
Bring die kosbare besef.
Die klein dingetjies in jou lewe,
Sal jou altyd bybly as die wÍreld jou faal.

Die teleurstellings in jou lewe
Wys jou die regte weg.
GOD IS ALLEEN IN BEHEER.
Jy is sy diensbare kneg!

Delia Rossouw

20 Maart 2008

Die Bosveld

My hart trek vandag 'n punt,
na die wye Bosveld
waar ek groot geword het as 'n kind.

Die herinneringe neem my terug,
na die skoonheid van 'n doringboom,
'n sonsondergang wat hang op 'n berg se rug

Sorgvrye ... Sonskyn Kinderdae ...
reŽndruppels wat plas in die sand,
en vinnig wegsink in die aard se lae.

My ouerhuis sal ek vir altyd onthou,
'n ouerpaar wat my toevou in hul liefde
en my vertel van die sterre en die "Piet My Vrou"

My hart trek vandag weer 'n punt ...
Die Bosveld se roep bly in my ore weerklink
Net in die Bosveld sal my siel ware vrede vind!

Delia Rossouw

25 September 2007

Ek en Jy

Vertel my van jouself ... SÍ my wie jy werklik is

Vertel my van jou verlange ... Wys my waar jou gedagtes rus

Vertel my van jou hartseer ... SÍ my waarom jou siel nooit rus

Vertel my van jou kinderdrome ... Neem my na jou hartkamers van geluk

Vertel my waarom Ek en Jy nie dieselfde is.

Delia Rossouw

20 Maart 2007

Bitter Soet Seisoen

Kaalvoet loop ek in die pad,
Die winter kruip nader en beklem my hart.

Soet, soet somer, jou voŽlgesang word stil,
Nog 'n bitter soet seisoen word in stilte gehul.

Kom koue winter, kom kruip hier in my hart,
Kom wys my jou angel, kom wys my jou smart.

Verdryf al my hartseer en troos my met jou prag,
Doudruppels wat glinster in die oggendson se lag

Delia Rossouw

13 Maart 2007

My Kinder Paradys

Ek wil jou nog gaan wys,
Hoe lyk my kinder paradys ...

Ek wil jou nog gaan wys
Waar lÍ my spore in die huis ...

Ek wil jou nog gaan wys,
Waar reŽndruppels dammetjies maak langs die huis ...

Ek wil jou nog gaan wys
Waar die sterre my wegvoer na God se heerlikheid

Delia Rossouw

25 Januarie 2007

soms

Soms wonder ek of jy weet waar lÍ my hart se skat,
Soms loop die lewe met ons 'n vreemde pad ...

Soms soek ons vergete na 'n lank verlore skat,
Soms moet ons omdraai op 'n verkeerde pad ...

Soms neem die rigtingwysers ons nader aan ons skat ...
Soms wil ons nie erken ons is die oorsaak van ons eie smart!

Delia Rossouw

11 Desember 2006

Ek is jy ...

'n Moeder is jy nog steeds vir my
Al is ons weŽ vir eers geskei,

Hierdie spesiale band so eg,
My loop, sit, staan .wat kan dit verberg!

Ek hoor nog jou lag elke dag ...
Jou beeld kry gestalte in my wandel dag na dag

Jou stempel is perfek afgedruk,
Ek's jou dogter! - dit is my kosbare skat van geluk!

Delia Rossouw

26 Mei 2006

Moederlief

Sal die hartseer en die pyn,
en die hunker ooit verdwyn,
Na my moederlief, so teer,
wat haar aan my gewy het, keer op keer.

Sal my hande ooit vergeet,
al die drukkies ongemeet,
Die vertroetelling as jy vryf,
oor my hare, en my lyf.

Sal my stem weer vrolik klink,
as ek "Mamma" sÍ soos 'n kind,
Hoe verlang ek na jou lag,
raad en leiding elke dag.

Sal my oog ooit kan vergeet,
al die blydskap en die leed,
Klein armpies om Ouma se nek,
'n kinder soentjie uit liefde en respek.

Sal my hart ooit kan verstaan,
waarom die pyn nooit weg wil gaan,
'n Pyn so diep en seer..
dis ongeneesbaar .. O Heer.

Delia Rossouw

19 Februarie 2003

Vir my kinders....

(Zelda, Gerhard & Lizaan)

Vir my kinders wil ek gee.
Net die beste wat hul hart begeer

Vir my kinders wil ek leer..
Die Heer se weg is die grootste Eer

Vir my kinders wil ek sing.
'n loflied wat hul harte sal omring.

Vir my kinders wil ek bid.
Sonder ophou ....vir jare se seŽn en geluk!

- Delia Rossouw
22 Februarie 2006

Vir my man Gert

God se engel stuur jou na my
Wat God saamvoeg, mag niemand skei,

Die Heer het sy hand wyd oopgesprei,
Ons geseŽn met drie kinders wat sy naam bely.

Na soveel jaar is jy getrou aan my sy,
Op die vleuels van jou liefde bly ek gedy ...

Soos 'n edelsteen skyn jou lig voor my
Met hierdie lig in my lewe, sal my voet nooit gly.

Ek dank my Skepper en Heer
vir 'n sielsgenoot soos jy!

Ek sweef deur die lewe,
Met jou my liefling aan my sy!

Delia Rossouw

Februarie 2006

U

U gee my moed....
U gee my kalmte,
Vir my swaar gemoed.

U neem my hand,
U hou my vas,
U droog my traan
As ek huil in die nag.

U sien my lief,
U sien my leed,
U sien die verlange,
Wat so aan my vreet.

U hoor my huil,
U hoor my lag
U hoor my gebed,
As ek u dank elke dag.

U betoon u liefde,
Aan my so getrou,
U's my Herder en U lei my,
Dit sal ek altyd onthou.

- Delia Rossouw
18 Desember 2002

Verlang....

Ek soek jou in die voorhuis,
Ek soek jou op die stoep,
O waar is jy, as ek na jou roep?

Ek soek jou in die tuin,
Ek soek jou om die hoek.
Net die sagte geur van bloeisels,
Kom my tegemoet.

Ek soek jou in die kamer,
Ek hoor jou in die gang.
Dis die eggo van jou voetstap,
Waarna ek verlang.

Ek soek jou in die more,
Ek soek jou in die dag.
Net soete mooi herinneringe,
Troos my dag na dag.

O die hartseer en die pyn,
En die verlange wat nooit sal verdwyn.

- Delia
6 Desember 2002


Digters
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner