|
Gedigte kan HIER gestuur word.
Digters AnoniemForum vir die bespreking en beoordeling van gedigte in hierdie afdeling.
Digters Anoniem ...
Dokter
Dokter, jy word gebore saam met die eed om te keer vir die mens se leed
Dokter, is jy altyd vir die nood gereed?
Dokter, hoe weet jy al die simptome se diagnoses
Plaas jy soms die siektes onder die medisyne se hipnoses
Dokter, kry jy ooit rus in jou slaap se narkoses
Dokter, wie sal jou hart se pyn sedeer as jy 'n pasient groet in die prognose seer
Dokter, wie sal tog die noodlot kan keer
Dokter, is jy ook soos 'n mens gemaak as jy oor iemand soos 'n besetene waak
Dokter, skrik jy ook soms vir die dood se naak?
Dokter, moet my net nie konsultasie vra, ek wil net weet hoe dit gaan met jou eed?
Dokter, skryf maar iets voor as iets jou pla!
Miempie
Die ritme van die lewe betoor my
Die ritme van die lewe betoor my en die lewens om my vervoer my
Ek dans in die bries van die wind en wals om my dae elke aan
Kinderlaggies is aansteeklik en modderhandjies is nie so vreeslik
Kinderpartytjies is 'n glimlag en kinderhartjies is in my dag
Herfsblare se goud is in my en die see se blou verdiep
Die strand se wit bekoor my sag en ek sien 'n nuwe dag
Die ritme van die lewe is in my
My lewe is 'n dans met my
Die ritme van die lewe is my wals
My lewe is een groot dans
Miempie
Die horlosie se wyser loop
Die horlosie se wyser loop na 'n plek in die Noorde
Die sekondes roep ons terug na 'n plek wat ons moet oorbrug
Iemand wat jy ken is weg en dit was dalk nie vir jou reg
Iemand is nou in die Noord en dalk was iemand deel van jou koord
Die horlosie se wyser loop en almal al gedoop
Die sekondes neem ons tyd want ons kan nie altyd bly in die Suide
Is ons reg vir die verloop
Is ons reg om weg te loop
Is ons reg om te groet
Van al ons aardse goed
Die horlosie se wyser loop en het almal nog hoop
Verstaan almal die aardse traan van die verganklike waan
Miempie
Wat is die mens dan
Wat is die mens dan sonder sy hart klop en asem blaas
Wat is die mens dan sonder sy aardse Baas en in die tyd se waas
Waarom wil die mens dan al die antwoorde meet
Waarom wil die mens dan die vrae weet en nog steeds vir God vergeet
Wie is die mens sonder die bloed in sy are
Wie is die mens sonder die bose se gevare en sonder gister se jare
Wanneer gaan die mens dan ophou wonder oor die Gewer, sy lewe en sy vrese
Wat is die mens dan sonder sy drome
Waarom wil die mens dan vergeet van drome
Wie is die mens sonder die belofte van môre se drome
Wanneer gaan die mens dan begin met God se drome ...
Miempie
Vraag oor emigrasie
Wat laat Suid-Afrikaners emigreer en wat het dan gebeur op hulle weë
Wat maak hulle dan hier so seer en wat dryg hulle weg oor die see
Wat laat Suid-Afrikaners vlug of is die land dalk te gepla oor die mens se reg
Hang die misdaad dalk te swaar in hul wig of lei die verkeer op die pad hulle weg
Wat laat Suid-Afrikaners vaarwel groet
Lyk die toekoms dan nie meer soet of is die rentekoers dan af van koers
Wat laat Suid-Afrikaners nuwe horisonne soek
Is hulle bang hullle moet vir oortredings boet of lyk die ander kant dan regtig so groen
Wat kan ons as agter geblewenes dan aan die situasie doen
Waarom sien die verlore Suid-Afrikaners nie meer daar is goud in die dou
Weet hulle dan nie ons het die beste weer of verstaan hulle nie Tafelberg se blou
Miempie
Rentekoerse vermoor
Rentekoerse vermoor
Beleggerskapitaal
Randwaarde verloor
Saam die inflasie faal
Waarheen jaag die voedselprys
Is al die verhogings nog wys
Finansies raak 'n nood
Wie bekostig nog daaglikse brood
Mense gaan in die oorlog dood
Resessie en verdrukking en wie is agter die bemagtiging?
Miempie
Slang van Paradys
Slang van die paradys wat tower uit die aarde rys en bloed in jou hande was
Wat sonde in jou gewete pas
Seun van die aardse heer wat lewens se vreugde keer en self die kruisiging wou keer
Want jy het geweet van ons liewe Heer
Koning van die wêreld ryk wat met leuens soos glorie lyk
Wat met moord van die waarheid wyk en met valsheid nooit jou ware kleure blyk
Vervalle engel uit die Tuin wat mense bedrieg deur jou pyn
Wat saad plant van onvergifnis wyn en jou mag aan almal uitbasuin
Judas se verraaier stem wat altyd die goeie wil tem en altyd die laaste rondte wil wen
Wat weet wat is uiteindelik tog vir jou bestem
Vlugteling van die engel koor wat nooit die barmhartigheid hoor
Wat altyd die mens se hart deurboor en verkies om die saligheid te verloor
Miempie
Prostituut
Alleen op die strate salueer jou maskara oë vir 'n laaste keer
Koud alleen buite wagtend jou bloedrooi mond vir nog een rand
Angstig op die hoek verdwaal jou stukkende hart vir nog een maal
Iewers ver soek die drome jou en jou beroep wil jou verraai
Tussen die ligte verdonker jou grimering se gesig van opgebruik
Tussen êrens en nêrens
Vlug jy
Op hoëhakskoene
Van jou rooi kant
Miempie
Pappa
Pappa, my haasbek behoort aan die tande muis se huis en graad een fotos is al geel verbleik
My hart is verlief op sy eerste kys en my kerskous is deur my maatjies afgewys
Ek wag vir jou by die huis …
Pappa, my somme se een en een maak elf en ek lees my storie boek nou self
My speelgoed deel ek al in die helf en ek wil nie meer met modderkoekies delf
My klaasvakie wag saam met my in die nag tot na elf … vir jou
Pappa, ek is die groenste groentjie in die skool
Ek kuier skelmpies by die jool en ek kan al vuur laat brand met 'n kool
Ek ken ook nou van 'n magneet se pool en soek raad oor die matriekdans by die skool
As jy nie verdwyn het in die nag en as jy maar net een keer weer saam my kon lag
As jy my een kans kon gee vir al my lang wag en my naam noem weer eendag
As jy maar terug kan kom vandag en as jy maar net nie verdwyn het in as …
Miempie
Ons Bluetooth se explorer het troubleshoot met sy 3G kaart
Onthou jy ons games op Microsoft
Die foto's en videos se connection
Tussen ons
Ek sal nooit ons liefde se installion vergeet
Die search na mekaar in die powerpoint files
Die quick gps
Tussen ons
Ongelukkig kon help se hard button, error reporting en programs reset ons nie help
Jy het besluit om alleen op Google en Microsoft Live
te browse ...
Miempie
Natuur
Maan
Jou lig strale verhelder die skemer uur
Son
Jou hitte gloei verwarm die koue hart
Sterre
Jou skitter blink verlig die duister vrae
Wind
Jou briese waai voel diep emosies
Wolke
Jou sagheid sweef omvou die realitieit
Reën
Jou dou drup verfris ou herinneringe
Miempie
My land van goud en dagbreek prag
My land van goud en dagbreek prag en die reënboog in jou krag
Met die liefde in jou verhaal en die vrede wat in jou maal
Met die vryheid in jou verlede en jou drome in jou hede
My land van politieke moord en misdaad wat aan jou behoort
Van rasse haat en kinders op die straat en dwelms wat mekaar laat haat
Van die inflasie en mediese nood en die armes sonder brood
Van die armes sonder brood
Jy is die land wat my vashou in jou hand en my versorg met jou rand
My land van God se Woord en die ek weet dat ek aan jou behoort
Met jou geskiedenis van soveel leed en jou geloof wat almal meet
Met jou kern van God in jou en jou beskerming wat om my vou
Miempie
In die arms van die hemel
In die tolbos van genade
Voel ek die hede se stem vergewe my lewe
In die branders van krag voel ek God se mag
Hou oor my wag
In die vrede van wind voel ek soos 'n kind wat aan stilte bind
In die lug se wig voel ek die engele se lig wat my hart tot God rig
In die see van hoop voel ek God se doop
En ek weet ek is deur sy liefde gekoop
In die reënboog se sug voel ek geloof se brug
En wag vir ewigheid se vrug
In die arms van die hemel voel ek my hart se bedel
Na God se rus edel
Miempie
Hoeveel plaasmoorde moet nog die tussen die beesmis lê
Hoeveel plaasmoorde moet nog die tussen die beesmis lê
en moorde in die vlaktes sweef
Hoeveel erfenis wil die bloed bevlekte hand van misdaad nog hê
en hoeveel angs moet nog in die stilte leef
Hoeveel kinder ontvoerings moet nog tussen die strate loop
en onskuld tussen bloed grootword
Hoeveel verdwynings moet nog aanmeld vir hoop
en kinders in statistieke gebêre word
Hoeveel nagte moet die kinders nog deur die venster staar
Hoeveel nagte moet die moeders nog vra om die huis te bewaar
Hoeveel nagte moet die vaders nog petisies teken vir hulle hart se beswaar
Hoeveel nagte moet die slagoffers nog hulleself beskerm teen die statistieke se gevaar
Miempie
Hoe hardloop mens weg van stukkende oë
Hoe hardloop mens weg van stukkende oë
Wat die lewe se bitter lig gesien het
Waar die gees se siel versmoor het
Wat die hart se dood geproe het
Hoe ontsnap mens van opgekerfde smart
Wat deur die lewe se maalkolk sny
Wat binne die gees sy siel insny
Wat die hart se dood uitsny
Hoe vlug mens van die vuur se as
As mens weet dit is jou liefde wat uitgebrand het
As mens weet dit is jou trane wat wit verkool het
As mens weet dit is jou drome wat geblus het
Miempie
Ek wens ek kan verstaan
Ek wens ek kan verstaan
Hoe die sterre blink saam die maan en die son se rooi jou gloei
Hoe ons harte so kan bloei
Ek wens ek kan verstaan
Hoe die wind sweef bo ons baan en hoe die blare oor jou fluister
Hoe ons weer na mekaar kan luister
Ek wens ek kon verstaan
Hoe die branders breek in een laan en die waterstrome vir jou dans
Hoe ons mekaar vergeef met elke kans
Ek wens ek kon verstaan
Hoe die wolke bo ons traan en die hardheid jou sag kon bo
Hoe ons liefde vir mekaar kan hou
Miempie
Die openbaring boek
Ken almal die Openbaring boek en verstaan almal die bose vloek
Sien almal die tekens van die tye of word dit geignoreer in die swye
Praat almal al 'n Jesus taal en weet almal van die bose daal
Ken almal die Openbaring verse en glo almal aan die ark op die berge
Is almal klaar met hulle evangelie werke
Vertrou almal op die nuwe hemel en weet almal dan dat Iemand ons sal oordeel
Is almal se sake afgehandel of is daar nog iemand wat in duister wandel
Ken almal die Openbaring raad en is almal vrygespreek in die sonde daad
Het almal die Heer gedien met die versprei van saad
Weet almal van die Apokalips en van die weerlig Blits
Glo almal aan die Ewige lewe en vergeef almal in die sewes
Ken almal die Openbaring geheim van die bose skuim en ongelowiges se puin
Miempie
Daardie eerste keer
Daardie eerste keer, toe jy nugterheid verruil vir 'n bottel
Toe jy wegkyk van jou kinders se ly toe jy jou drome aan 'n bottel wy
Onthou jy toe jy lag vir jou vrou se wag vir jou jammer wat jy gebêre het vir later
Die bottel het jou verander en dit het slegs jou naam beswaddder
Onthou jy toe jy rondslinger deur die verkeer en jy besef het jy het verloor aan beheer
… Toe jy die hospitaal besoek aan ander se seer
Onthou jy die eerste keer, toe jy jou gewete weg slaan aan jou familie se gekneusde traan en jou kos en liefde vir die bottel verruil
Die bottel is nou in jou hart en jou verlede is ook nou hard
… Wanneer gaan jy ophou om die lewe so te martel en die verkeerde pad te wandel
Het jy vergeet van jou vrou en jou kind toe jy weer die bottel se lyn afmeet
… Nou is jou asem deel van die wind want jy wou nie van beter weet
Op die begrafnis se brief was slegs leë woorde want niemand was meer vir jou lief
Miempie
Die horison wink ons nader
Die horison wink ons nader
Kyk sy glans in sy dans
Hy wys 'n pad van vergifnis
Sy paaie lei ons na 'n nuwe kans
Die horison sing saggies vir ons
Hoor sy woorde lei na vrede
Sy klanke gaan verbittering verlos
Sy hoogtes neem ons na 'n nuwe lewe
Die horison tel ons op na die reënboog
Sy kleur verhelder ons bestaan
Sy lig verdoesel die donker in ons geswoeg
Hy verhelder ons lag en neem weg elke traan
Die horison pleit by ons vir 'n nuwe begin
Hy smeek ons om ons oorlog te stop
Hy fluister saggies vir ons om te besin
Hy belowe hy sal ons hartseer van gister stop
Miempie
Waarheen gaan ons
Waarheen gaan ons
Waarom is ons hier
Wat is dan die rede
Vir ons aardse lewe
Wat is die plan van ons bestaan
Wat is die les van verganklikheid
Wat is die dan die doel van ons bestaan
Wanneer gaan ons alles heeltemal verstaan
Hoekom moet ons jaag teen tyd
Hoekom is ons lewens-klok gestel
Hoekom moet ons hart dan klop
Om weer eendag net te stop
Ek wens ek het die antwoorde
Vir al my vrae wat my so pla
Eendag sê hulle sal ons alles weet
Maar sal ons nog wonder oor die leed
Miempie
Ek wens ek het
Ek wens ek het 'n towerstaf
Vir al jou pyn en leed
Ek sal al jou trane weg kan toor
Sodat jou oë se blink my weer bekoor
Ek wens ek het 'n towerstaf
Vir al lief en leed
Ek sal jou lief vir altyd kan hou
Sodat geen leed jou weer van my weg vou
Ek wens ek het 'n towerstaf
Vir al jou harseer en pyn
Ek sal al jou seer kan vernietig
Sodat geluk ons weer verenig
Ek wens ek het 'n towerstaf
Vir al jou winters dae
Ek sal jou koud laat gaan
Sodat ons weer saam kyk na die maan
Ek wens ek het 'n towerstaf
Maar ek he teen toe nooit gekry
Ek wou jou al my betowering gee
Maar jy het my nooit gekies as jou feë
Miempie
Ek wens ek kan verstaan
Ek wens ek kan verstaan
Hoe die sterre blink saam die maan
Hoe die son se rooi jou gloei
Hoe ons harte so kan bloei
Ek wens ek kan verstaan
Hoe die wind sweef bo ons baan
Hoe die blare vir jou fluister
Hoe ons weer na mekaar kan luister
Ek wens ek kon verstaan
Hoe die branders breek in een laan
Hoe die waterstrome oor jou dans
Hoe ons mekaar vergeef met elke kans
Ek wens ek kon verstaan
Hoe die wolke bo ons traan
Hoe die hardheid jou sag kan bou
Hoe ons liefde vir mekaar kan hou
Miempie
Die goud verrys uit jou grond
Die goud verrys uit jou grond
Duisternis steel jou glans in beurt van lig
Jou silwer straal in jou mense
Jou rande verloor stryd teen wig
Tafelberg verhoog jou bates
Mense neem verniet en alles verloor waardes
Die Kaapse berge troon jou krag
Vermoordes laat die skuldiges lag
Skoonheid bedwelm jou verlede
'n Reënboog nasie leef nou in hede
Water en Wilger versag jou oordeel
Die Waarheidskommissie wil nie geheime deel
Johannesburg se liggies gee jou sanksies
Politiek verlaag die inhoud van beursies
Dorpe en stede broei nuwe babas
Straatkinders word wakker in babbelas
Suid-Afrika is 'n land met balans
Goed en sleg is deel van die aarde se kant
Suid-Afrika met verhogings in brood
Die plek in die Suide het plek vir almal in die land
Miempie
Jou mure ego in die stilte
Jou mure ego in die stilte
Jou gange maak plek vir iemand se stilte
Jy vang mense se siektes en beserings
Jy lag vir al die medici se bewerings
Pyn en lyding is jou kos
Wanneer is genoeg deur jou vermors
Onpersoonlik vermy jy besoekers
Jy het nie tyd vir 'n kommer besoeker
Jy druk behandeling in 'n pasiënt
Jy hou van vreemde voorwerpe in 'n pasiënt
Is jou bedoelings miskien opreg
Weet jy watter behandeling is reg
Hospitaal jy praat jou eie taal
Jou woorde moet personeel vertaal
Hospitaal jy voer jou eie oorlog
Tussen lewe en dood se mag
Miempie
Die donker oë vertel sy storie
Die donker oë vertel sy storie
Sy reguit blik vang jou vas
Sy waardes is deel van die aarde
Hy praat met goeie waarde
Lief en leed is sy bestemming
Sy woorde verander enige stemming
Sy sienings is gemaak van rots
Miskien sal dit met jou belange bots
Die man se motiewe is onbekend
Sy teorieë maak iets in jou bekend
Sy hande gee sy karakter weg
Iets is of reg of weg
Die man is vir almal daar
Sy hart speel vir almal 'n snaar
Die man sien net wit of swart
Miskien kan hy jou red van smart
Miempie
Dag van Terreur
Dag van Terreur
Dag van Treur
Mense ontmoet vliegtuig in 'n kantoor
Dag van Kwaad
Mense vlug te laat
Vlamme skroei lewens want die hitte is te eens
Dag van Vrae
Dag van Bose plae
Noodspanne ding binne maar mense verkies spronge
Dag van Vrees
Mense is traag in gees
Konkruid en staal val en ontsnapping is te laat
Dag van Waansin
Dag van geen Sin
World Trade sentrum is begrawe saam families se hoop
Dag van Verlies
Mense verknies
Niemand ken ontmoeting met verlies
Miempie
Een skip een man
Een skip een man
Skip van dollars en vonkelwyn
Man van gode en beloftes fyn
Titanic gebou deur man
As die skip net nie perfek was
As die man net nie so verwaand was
As die skip maar net 'n gewone was
As die man maar net 'n gewone was
Een nag een ysberg
Water verdrink gesinne
Koue vries almal binne
Dalk was die man se woorde te erg
As die skip meer redding gehad het
As die man meer redding wou gebruik het
As die skip maar net die gewone gehad het
As die man maar net die gewone geglo het
Een ramp een les
Niemand is 'n god
Almal is oorgelaat aan noodlot
Dis is vir jou eie bes
Een man
Een skip
Een man sê skip kan nie sink
Een skip het gesink
Miempie
My geskenk aan jou in Mei
My geskenk aan jou in Mei
Is om my gedig by jou te kry
My gedig is spesiaal vir jou
Mamma, dankie vir jou geduld met my
Mamma, dankie vir jou geloof in my
Mamma, dankie vir jou gebed vir my
Mamma, dankie vir jou genade aan my
My geskenk aan jou in Mei
Is om my liefde aan jou te wy
My liefde is so spesiaal vir jou
Mamma, jammer oor my onmoontlikheid
Mamma, jammer oor my ondeugsaamheid
Mamma, jammer oor my onfatsoenlikheid
Mamma, jammer oor my ongedurigheid
My geskenk aan jou in Mei
Is om my verwondering aan jou te wys
Jy is so 'n spesiale wonderwerk vir my
Mamma, ek is baie lief vir jou
Mamma, ek het geen grief teen jou
Mamma, ek sal altyd by jou bieg
Mamma, ek sal jou nooit bedrieg
My geskenk aan jou in Mei
Is om my toewyding te bewys
Gelukkige Moedersdag vir jou
Miempie
Sien jy my oë se kleur nog raak
Sien jy my oë se kleur nog raak
Voel jy nog my kyk in jou hart
Sien jy my as ek my hart toemaak
Voel jy my hart sien jou hard
Hoor jy nog my toekoms se lied
Voel jy nog die luister in my siel
Hoor jy wat my hart jou bide
Voel jy my hart oor jou kniel
Voel jy nog my liefde in jou dag
Voel jy nog my liefde vir jou wag
Voel jy my liefde raak nou sag
Voel jy my liefde verloor sy mag
Sien jy my nog as ek jou aanraak
Hoor jy nog my gebede as ek jou bewaak
Sien jy my vrae raak in die naak
Wanneer sal jy my weer joune maak
Miempie
|