Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Web www.roekeloos.co.za

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sÍgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - ReŽn
Winkels
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Musiek

Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek

Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na .

Dit is wat dit is

Sowat ses jaar na Proe die aarde, Herman van den Berg se skitterende tweede album, is Dit is wat dit is uiteindelik hier, sy langverwagte vierde CD!

Aanhangers van diť veelsydige komponis, liedjieskrywer en musikant kan hieroor verheug wees, want "Afrikaans se eie Sting" was nog nooit 'n kunstenaar wat holderstebolder CD's voortbring bloot om kommersiŽle redes nie. Gehalte en afronding is vir hom van opperbelang, en elke liedjie wat ingesluit word op sy albums word versigtig oorweeg. Daarom is hierdie bekendstelling van 'n nuwe CD deur Herman van den Berg waarlik iets om oor huis toe te skryf en al jou vriende te vertel.

Dit is wat dit is getuig van beleŽnheid, rypheid en wasdom. Nie net is dit sy mees veelvlakkige werk nie, dis ook sy rykste komposisies wat getuig van internasionale invloede en kundigheid as vervaardiger. Hoewel die tien liedjies uiteenlopend in stemming en onderwerp is, word dit soomloos saamgesnoer onder die tema van nietigheid: "Uiteindelik het ek besluit om terug te keer na die ervaringe en gewaarwordinge wat ek die afgelope paar jaar deurgemaak het. Die sterkste van hierdie gewaarwordinge is die gevoel van nietigheid. Ek ervaar nietigheid op verskillende maniere: Van die weerloosheid van mens se eie kinders, die oomblik van broosheid in jou vriend se oŽ tot die onbeperkte gulsigheid waarmee ons mekaar en ons omgewing verslind."

Die digter en akademikus prof. Bernard Odendaal van die Universiteit van die Vrystaat was 'n noue medewerker wat lirieke vir twee liedjies geskryf en waardevolle insette op die ander lirieke gelewer het. Soos voorheen het Seugnet, Herman se eggenote en 'n bedryfsielkundige, weer eens 'n sleutelbydrae met lirieke gelewer. "Op hierdie manier gee haar lirieke en ons samewerking uiting aan ons gedeelde ervarings en sienings," sÍ Herman.

Oor die opneem van die CD, sÍ Herman, wat 'n voorstander is van 'n organiese proses: "Ons het toerusting gehuur, matte teen die mure gehang, die huis op sy kop gekeer, die kok ingevoer en toe vir 'n paar dae verdwyn in 'n warboel van drade en musiek. Dit is wat dit is is gebore uit die chaos."





Musiek
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W
Z
MUSIEKVIDEOS



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner