AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - Reën
Winkels
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . Gerald Clark en LunaGerald Clark word in die sirkel van Suid-Afrikaanse kunstenaars en musikante gereken as een van die grootste, kraakvars talente in ons land! Gerald Clark is aan die meeste mense bekend as die frontman van die gewilde blues band, Delta Blue. Met 'n ongelooflike passie vir die blues en 'n merkwaardige songwriting- en sang talent - het Gerald oor die laaste paar jaar ongelooflik gegroei as kunstenaar en betrokke geraak by verskeie projekte. Elke projek was uniek in sy soort en dui op Gerald se veelsydigheid as kunstenaar en sy vermoë om sy musiek en vertonings aan te pas volgens die verskillende teikengroepe in die musiek industrie. In elke projek waarin Gerald Clark betrokke is speel hy veral 'n groot rol in die skryf en toonsettings van die songs.
Luna het, net soos Gerald Clark, haar loopbaan afgeskop in Stellenbosch en vinnig naam gemaak as 'n kunstenaar met uitsonderlike songwriting- en sang vaardighede. Sy het haar eerste verskyning in die musiekindustrie gemaak as deel van die Eve: Women in the Garden of song-projek, waar sy gewerk het saam met vroue soos Lesley Rae Dowling, Laurinda Hofmeyr, Eugenie en Nicole Holm. Luna het kort daarna haar eerste album vrygestel, wat gevolg is deur 'n tweede vollengte CD, Missing Pieces. Albei die CD's is met groot lof besing deur die media en is goed ontvang op radio.
Luna stel eersdaags haar nuwe musiek vry op die internet. Die eerste drie snitte sal gratis beskikbaar wees op haar webwerf en beloof om haar getroue volgelinge te verras met 'n vars nuwe klank. Lees meer hieroor op www.lunamusic.co.za.
|
Musiek |