AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - Reën
Winkels
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Het jy 'n bydrae of resensie vir die Musiekafdeling? Stuur dit na . SkoelappersDie kort en die lank van die Onwerklike Elandsrivier-Orkes is dat sy musiek wel werklik is. Dit is lig, nie in die tradisionele sin van die woord nie, maar eerder "veer-lig," soos skoelappers - eenvoudig en stylvol. Van die instrumente in die orkes is onder andere die kontrabas, klavier, trekklavier, konsertina, kitaar, banjo, klarinet, hobo, fluit en twee viole. Hier en daar hoor jy ook 'n elektriese kitaar en 'n paar byklanke. Die orkes se invloede is die tradisionele klanke van Afrikaanse, Europese, Suid-Amerikaanse en Sigeuner musiek - en meer wyd gesproke - Mozart, Leonard Cohen, Norah Jones en Julie Cruise: die stemvoering in die meerstemmige gedeeltes is baie helder en die drie meer moderne kunstenaars se invloed kan in die melankoliese klanke gehoor word. Die Onwerklike Elandsrivier-Orkes speel graag tradisionele Afrikaanse musiek soos "Mooie Meisies fraaie Blomme", "Suikerbossie", "Vat jou Goed" en "Trek Ferreira", "Vaarwel my eie Soetelief", "Liewe Maan" en "Sannie het gaan Water Haal"; Ferreira word hier ewe ligvoet deur viool, fluit en banjo uit die paradys uitgeskop, die konsertina pluk vir Suikerbossie 'n blommetjie, 'n ongewoon geharmoniseerde Liewe Maan vat jou op 'n stil nag uit na die stoep van 'n houthuisie tussen die berge en Sannie dink met heimwee terug aan die oggend toe sy gaan water haal het.
|
Musiek |