Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

88 Minutes

JM

Met: Al Pacino
Regisseur: Jon Avnet

Ek mis Suid-Afrika. Ja, as dit nie was vir die almagtige dollar nie was ek knus iewers in 'n voorstad van Johannesburg. Maar daar is een ding van Suid-Afrika wat ek nie mis nie. Dit is nie die misdaad nie. Dit is nie die korrupsie nie. Dit is nie die kwynende plaaslike dienste nie. Ek is verheug dat ek nooit per ongeluk in 'n filmteater sal instap waar Bakgat vertoon word nie! By tye maak soms sulke foute. Nou onlangs het ek per ongeluk 88 Minutes gaan kyk.

88 Minutes het vir my gelyk soos 'n goeie rede om werk te bank en my brein bietjie te ontspan. Ek hou van 'n fliek waar 'n reeksmoordenaar gevang moet word. Al Pacino is 'n geleerde prof wat nou en dan die FBI help om die slegte ouens te vang. Daar is egter 'n reeksmoordenaar wat ter dood veroordeel is wat sê dat hy onskuldig is en die prof hom daar laat beland het. Die aand wat sy vonnis uitgevoer moet word ontvang die prof 'n oproep wat sê hy het net 88 minute oor om te lewe. 'n Reeksmoordenaar slaan weer toe met 'n soortgelyke werkswyse van die man in die tjoekie en alle aanduidings wys na die prof.

Soos ek gesê het, vir my het dit geklink na 'n goeie idee. Maar almal kan verkeerd wees. Die regisseur gebruik stokou truuks om spanning te probeer skep. Die storie bied aanvanklik baie min inligting aan die fliekganger en gooi jou weer kort voor die einde toe daarmee. Al Pacino lyk soos 'n sepieakteur in wat sekerlik die laagtepunt van sy loopbaan is.

88 MinutesDit lyk soos iets wat direk op DVD moes uitkom.
3 uit 10

Voorprent: 88 Minutes ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner