AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Bee MovieQuintus van RensburgMet die stemme van: Jerry Seinfeld, Renée Zellweger, Matthew Broderick, Patrick Warburton, John Goodman, Chris Rock, Kathy Bates, Barry Levinson, Larry King, Ray Liotta, Sting, Oprah Winfrey, Megan Mullally, Rip Torn en Michael Richards Ek het (miskien te) hoë verwagtinge gehad vir Bee Movie, 'n animasiefliek oor die lewe van 'n by genaamd Barry B. Benson (Jerry Seinfeld) en geskryf deur die gedugte Seinfeld-span. Barry B. Benson het nie uitgesien na die lewe van 'n by nie. Jy word gebore, gaan vir 'n dag of twee skool toe en dan werk tot jy dood is. Barry rebelleer en verlaat die korf, op soek na iets meer in die lewe. Tot op hierdie punt was dit tipies Seinfeld, fyn waarneming en die vermoë om die alledaagse snaaks te laat lyk. Ongelukkig kom die storie se knoop effe los. Barry raak verlief op sy mensvriend Vanessa (Renée Zellweger), Barry sleep die mensdom hof toe omdat hulle heuning eet en Barry klim agter die stuurstang van 'n vliegtuig in. Aanvanklik lyk Bee Movie asof dit 'n vae omgewingsvriendelike boodskap wil oordra, maar dié word ook halfpad deur laat vaar.
Bee Movie is gesinsvermaak, maar kan ongelukkig nie kers vashou by kontemporêre Pixar-aanbiedinge soos Monsters, Inc. (2001), Finding Nemo (2003), The Incredibles (2004), Cars (2006) en Ratatouille (2007) nie. |