AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by CloverfieldJMRegisseur: Matt Reeves Dit sou maklik wees om Cloverfield te beskryf as 'n kruis tussen The Blair Witch Project en Godzilla. Dan val dit nog boonop in die ou sci fi- / monster-genre, maar die uiteindelike produk is iets heeltemal anders. Iemand is besig om 'n video te maak op 'n afskeidspartytjie wanneer 'n reuse monster New York aanval. Die hele film is uit die perspektief van hierdie kamera. So maak jou maar reg vir 'n beeld wat skud en mense soos ek wat wil laat opgooi in die persoon langsaan se springmielies. Dit is ook al waarvan hierdie seesieke nie gehou het nie. Sit ver van die skerm af. Cloverfield staan uit bo ander films in die genres weens die perspektief wat dit bied op die ouens op die grond. Diegene wat tot sop vertrap word deur die monsters. Hoe hul lewens ontwrig word en die vreesbewange magteloosheid waarin so 'n situasie jou dompel. Die fokus is glad nie op die monster nie, maar op 'n klein groepie vriende en hoe hulle die situasie hanteer.
Hierdie gaan beslis een van die jaar se beste films wees. Onthou tog net die karsiekmedikasie! 8 uit 10 |