AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Elizabeth: The Golden AgeJMMet: Cate Blanchett, Clive Owen, Geoffrey Rush, Rhys Ifans & Tom Hollander Dis 1558, die jong Elizabeth I is 'n jong volwassene en, soos die Spanjaarde sal uitvind, jy mors nie met 'n jong vrou op hitte nie. Elizabeth: The Golden Age bevat al die elemente vir 'n goeie storie, sluimerende seksualiteit, uitspattige kostuums en 'n dreigende oorlog. Met Cate Blanchett weer in die rol van Elizabeth hoop jy dit is in dieselfde klas as die eerste fliek onder hande van Shekhar Kapur. Toe was almal in 'n beswyming oor Blanchett se Elizabeth. Ongelukkig word die hoofkarakter nooit mooi uitgebeeld nie. Die storie speel af soos 'n sepie en na afloop daarvan weet jy niks meer van Elizabeth nie, maar leer tog dat God blykbaar meer van Engeland hou as Spanje. Mens kan nie anders as om te vermoed Kapur is besig om sy eerste fliek te gebruik as die basis van 'n franchise nie.
|