AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by EnchantedJMMet: Amy Adams, Susan Sarandon & Patrick Dempsey Heel onverwags, in die middel van Desember, steek 'n oulike, sjarmante film 'n towerstaf op. En dit begin alles met Amy Adams. Indien jy wonder wie sy is, sy het klein rolletjies gehad in Drop Dead Gorgeous (1999) en Catch Me If You Can (2002). Adams is alles wat jy verwag van 'n Disney-prinses en dit laat haar beslis uit plek lyk in New York. New York is waar hierdie prinses haar bevind wanneer sy getoor word uit die towerland Andalasia. Adams is besonder oortuigend as Giselle en probeer glad nie om soos 'n bekende animasieprinses te lyk nie. Alle feëverhale moet natuurlik ook 'n nare heks hê en Susan Sarandon is skreeusnaaks as Queen Narissa. Enchanted se storie is die gewone feëverhaal van prins en prinses wat verlief raak, maar hierdie teks is slim geskryf en dit raak een van die snaakste stories van die jaar. Dit dryf die spot met 'n hele klomp Disney ikone.
Die beste vermaak wat jy hierdie vakansie gaan raakloop. |