|
Stuur jou resensie vir ons by
'n Paar wat ek gemis het
JM
Ek sit tans op hete kole en wag vir Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull. Dit is dalk 'n goeie tyd om so twee sinne (in plaas van die gebruiklike vier) te skryf oor ander flieks wat ek vanjaar gesien het en nog nie my mond oor uitgespoel het nie.
Gone Baby Gone Een van my gunsteling flieks van die afgelope jaar. Ben Affleck beïndruk werklik in sy eerste probeerslag as regisseur en sy boetie Casey Affleck maak ook so in die hoofrol. Gaan kyk dit!
Mad Money Lighartige vermaak, maar een van die beter flieks in dié klas. Hulle sê vir my die meeste van Roekeloos se lesers is vroue, in so 'n geval is die een nommerpas indien jy saam met die vriendinne wil lag.
Michael Clayton Meer om die lyf as wat jy gewoonlik kry van George Clooney. Goeie fliek, maar waarskynlik te ernstig vir die ouens met meer om die middel.
Run Fatboy Run Net so pateties soos die hoofkarakter.
The Other Boleyn Girl Natalie Portman en Scarlett Johansson oortref hulself as die Boleyn-susters. Die twee dames dra die storie van begin tot einde. Baie goed. Nog een vir jou en die vriendinne. Onthou die sneesdoekies en let op, want julle gaan baie praat na die tyd.
Things we lost in the fire Nog een wat ek sterk aanbeveel. Regisseur Susanne Bier vuur op alle silinders. Halle Berry op haar beste ooit en Benecio del Toro uitstekend in die ondersteunende rol.
|