AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Get SmartJMMet: Steve Carell, Anne Hathaway & Alan Arkin Om 'n komedie te laat slaag is besonder moeilik. Of jy nou die regisseur of akteurs is. Mens wil amper sê dit het met te doen met 'n natuurlike aanvoeling as enigiets anders. Get Smart verras en verbaas. Steve Carell is 'n baie talentvolle akteur. Hy het daardie talent om 'n karakter ongemaklik te laat lyk in sy eie vel. Talent help egter nie altyd as die teks suig of die film versnipper word in post-produksie nie. Verrassend genoeg gebeur dit nie in Get Smart nie. Ons lag vir die puik uitbeelding van 'n persoon se onbeholpenheid. Maxwell Smart (Steve Carell), analis vir 'n geheime staatsinstelling, wil graag veldwerk doen, maar is eenvoudig nie daarvoor geskape nie. Die noodlot bring egter mee dat Smart in die veld gestoot moet word. Met skreeusnaakse gevolge. Steve Carell begin al hoe meer lyk soos 'n troonopvolger vir Peter Sellars. Carell se medester, Anne Hathaway, het ook al lankal getoon dat sy baie meer is as 'n mooi gesiggie. Hier wys sy weer haar slag met komedie. Iemand wat al lank onderskat word is Alan Arkin. Sy eiesoortige monotone manier waarop hy sy dialoog lewer is altyd snaaks, maar dit werk veral goed met Get Smart se teks.
Die beste komedie sover vanjaar!
|