AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by
JM
Met die stemme van: Jim Carrey, Steve Carell, Carol Burnett, Will Arnett, Seth Rogen, Dan Fogler, Isla Fisher & Jaime Pressly Sou jy my arm draai en ek regtig moes, vertel ek jou die storie soos sy skepper, Dr. Seuss. Moenie bevrees wees nie. Dis hopeloos te veel moeite om Dr. Seuss se rymelary na te aap. Die man was enig van sy soort. Enige persoon wat kan lees moes al The Cat in the Hat (1957), How the Grinch Stole Christmas! (1957), Green Eggs and Ham (1960) en One Fish Two Fish Red Fish Blue Fish (1960) onder oë gehad het. Horton Hears a Who is die derde boek om na How the Grinch Stole Christmas! (2000) en The Cat in the Hat (2003) op die silwerdoek te verskyn. Horton is 'n olifant. O ja, 'n groot kalant. Jammer ... Nie een van die Seuss-flieks kon ooit werklik die boeke suksesvol vertolk nie, maar Horton Hears a Who is die naaste aan die kol. Die dialoog word slim verweef met Dr. Seuss se oorspronklike teks. Die rekenaaranimasie is baie goed en die kunstenaars het ook moeite gedoen om Dr. Seuss se oorspronklike karakters uit te beeld asof hulle uit sy pen kom. Volwassenes kan by tye verveeld begin rondkyk, want die grappies kan flou raak, maar die kinders gaan versot wees hierop. Dit is 'n genotvolle storie wat jou respek vir ander mense en hul menings leer en boonop uitstekende vermaak is - dit alles sonder seks en geweld. |