Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

How To Lose Friends And Alienate People

JM

Met: Simon Pegg, Kirsten Dunst, Jeff Bridges, Gillian Anderson, Megan Fox, Danny Huston
Regisseur: Robert B. Weide

Vir die eerste keer moes ek punte aftrek vir 'n fliek, omdat ek te veel van die hoofkarakter gehou het. En ek praat nou nie van een van daai gevalle waar jy agter iemand aan lus nie.

Die hoofkarakter is Sidney Young (Simon Pegg - so dus niks met lus te doen nie), 'n joernalis wat die kans van 'n leeftyd kry om vir 'n glanstydskrif te werk. Sidney is Brits en weet nie veel van Amerikaanse sterre en hul publisiteitsmense nie.

Die fliek is gebaseer op 'n autobiografie van 'n joernalis in wie dit nie moeilik is om 'n gly te vang nie - amper voeg ek hier by "soos meeste joernaliste".

Dis nou hier waar Simon Pegg in die prentjie kom. En 'n mens kan nie help om van Simon te hou nie. Simon Pegg is 'n goeie komediant. Die laaste fliek wat ek van hom gesien het was Run Fatboy Run (2007) en Simon was al rede hoekom ek tot aan die einde van daai snert kon bly sit. How To Lose Friends And Alienate People soek eerder 'n meer ernstige akteur in die hoofrol.

How To Lose Friends And Alienate People"Maar is dit nie veronderstel om snaaks te wees nie?" sal sommige vra. Dit is so, maar ongelukkig kon die regisseur nie regtig besluit of hy Sidney Young met deernis wou behandel en of hy van hom 'n poephol wou maak nie.

Oor die algemeen kon Robert B. Weide nie regtig besluit wat hy wou doen nie. Daar hansworstery wat eerder in Mr. Bones tuishoort, dan weer tipies Britse humor en hier en daar ook 'n fyn gespot met karakters en dinge.

Die beste vertolking is van Jeff Bridges van alle mense. Ek sal nooit weer die man onderskat nie.

Die film was nie so skerp soos wat ek verwag het nie, maar nietemin verteerbaar.
6 / 10

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner