AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by In BrugesJMMet: Colin Farrell, Brendan Gleeson en Ralph Fiennes Brugge is alles behalwe 'n "shithole" soos Colin Farrell se karakter Ray beweer. Die stad is 'n wêrelderfenisgebied wat kultureel en geskiedkundig baie belangrikheid is. Die grooste deel van die stad se middeleeuse argitektuur het behoue gebly. Dit is teen hierdie agtergrond wat In Bruges afspeel. Na probleme in Londen word twee sluipmoordenaars, Ray en Ken, deur hul baas Harry (Ralph Fiennes) na Brugge gestuur om te gaan wegkruip tot die ergste oorwaai. Ken waardeer sy nuwe omgewing, maar Ray het rooimiere in sy gat. Baas Harry is 'n psigopaat. Die genre is die van die skotse paartjie, die keer twee moordenaars. Die verloop van die storie kon ook voorspel word, maar die uitvoering is slim en vermaaklik. Die dialoog is skerp, snaaks en vol morele drogredenasies.
|