AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal SkullJMMet: Harrison Ford, Shia LaBeouf, Cate Blanchett en John Hurt Indien jy 'n aanhanger van Indiana Jones is sal jy hiervan hou. Die jongste weergawe van se verhaal is alles wat ons geleer het om van die reeks te verwag. Daar is avontuur, goed wat nooit kan waar wees nie, vrouens wat hul sleg gedra, oordadige gevegstonele en natuurlik die slange. Hemels! Meer spesifiek, die hemel soos beskryf deur George Lucas en verfilm deur Steven Spielberg. Wie verstaan dan nou nie daardie hemel nie? Die Russe is die bad guys, ons hero dra 'n cool hoed en daar is baie slange. Die slange is 'n moet. Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull se storielyn is presies in 'n formaat wat mens verwag. Dalk 'n eentonige formule vir ander, maar ek sal keer op keer my geld hiervoor uithaal. Soos altyd moet mens liefs nie die storie weet voor jy op een van hierdie avonture gaan nie. Spielberg bewys hier dat 'n ou reeks suksesvol afgestof kan word, sonder om voor te gee Indie het nie oud geword nie.
![]() |