Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Juno

JM

Met: Ellen Page, Jennifer Garner & Jason Bateman
Regisseur: Jason Reitman

Juno is swanger van sinisme, maar anders as sommige ou omies wat op LitNet uithang, vol hoop.

Juno is 'n oopkop tiener, maar nie oopkop genoeg om nie swanger te raak nie. Sy leer die een lewensles op die ander, maar gelukkig nie tipe wat jou wil laat opbring nie. Dit is eerder 'n nugter, maar bekkige blik op een dogter se lewe. 'n Slim dogter wat briljant vertolk word deur die talentvolle jong Ellen Page. Gaan kyk gerus Hard Candy (2005) indien jy nog nie oortuig is deur Page nie.

Pasop om geflous te word deur sommige stereotipe karakters. Hulle word voorgestel net sodat hulle bene onder hulle uitgeskop kan word. Die film is net so onvoorspelbaar vir ons soos wat die lewe is vir 'n tiener.

Jason Reitman was nog nooit juis 'n watwonderse akteur nie, maar as regisseur is hy een van Hollywood se jonges wat dit dalk ver kan bring. Sy Thank You for Smoking was een van my gunstelinge in 2005.

Juno is vol van hart en hoop.
Nie geskik vir siniese ou omies nie!
8 uit 10

ps. Vir diegene wat gewonder het, ja, Jason Reitman is die seun van regisseur Ivan Reitman.

Voorprent: Juno ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner