AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Madagascar: Escape 2 AfricaQuintus van RensburgMet die stemme van: Ben Stiller, Chris Rock, David Schwimmer, Jada Pinkett Smith, Sacha Baron Cohen, Cedric the Entertainer, Andy Richter, Bernie Mac en Alec Baldwin. Hulle sê die eerste keer is altyd beter. Dieselfde geld vir flieks en Madagascar: Escape 2 Africa is geen uitsondering nie. Uit 'n tegniese oogpunt is die film uitstekend. Die animasie is eersteklas en verskeie bekende akteurs het tou gestaan om deel te neem, Ben Stiller, Chris Rock, David Schwimmer, Jada Pinkett Smith, Sacha Baron Cohen, Cedric the Entertainer, Andy Richter, Bernie Mac en Alec Baldwin. Die subtitel gee weg waar die storie die keer afspeel. Die karakters ontsnap van Madagaskar in 'n gelapte vliegtuig, net om in Afrika neer te stort. Dit wat volg is jou standaard held wat sy omstandighede te bowe moet kom om homself te vind.
Die fliek het egter 'n paar ligpunte. Daar is verskeie stukkies spitsvondigheid wat jou uit die slaap wakker skud. My gunsteling was toe die vliegtuig op die punt was om neer te stort kondig een van die pikkewyne aan: "In case of a loss of oxygen, please place your masks over your faces to hide your terrified expressions from the other passengers." Koning Julian (Sacha Baron Cohen) is net so snaaks soos die vorige keer. Die keer pronk hy die hele plek vol in 'n Lawrence of Arabia-uitrusting, met flaminke en volstruise as sy gekose vervoermiddel. Dan sing 'n reuse seekoei, Moto Moto, vir Gloria 'n minnelied iewers in die fliek. Ek kan verdomp nie die ding uit my kop kry nie. Waar ek ook al gaan dreun dit "I like 'em big, I like 'em chunky ..." En wat sal Madagascar wees sonder die psigotiese pikkewyne? Hulle het gelukkig meer tyd op die skerm gekry. Vir my sou die ideale Madagascar 3 net bestaan uit Julian en die pikkewyne. Hulle is ook die enigste rede wat dit die moeite werd maak om hierdie film in 'n teater te sien. |