AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Mamma MiaJMMet: Meryl Streep, Amanda Seyfried, Pierce Brosnan, Colin Firth en Julie Walters Sophie het net een wens vir haar troue. Dit is om haar pa te ontmoet. As jou rolverdeling boonop Meryl Streep en Pierce Brosnan insluit verstaan ek hoekom die gehoor die oggend hoofsaaklik uit mammas en manlike haarkappers bestaan het. Die groot sterre beteken ongelukkig ook meer in naam vir hierdie fliek as die bydrae wat hulle as akteurs lewer. Het ek genoem dat dit 'n musiekblyspel is? As jy een van daardie mense is wat daarvan hou as iemand sonder rede uit die bloute begin sing, dan gaan jy versot wees op Mamma Mia. En as jy hou van ABBA, onthou jou hartmedikasie, want hulle sing nét ABBA-liedjies.
Maak dit van Mamma Mia 'n swak fliek? Beslis nie. Amanda Seyfried is 'n openbaring as die aanneemlike Sophie. Die storie, aanvanklik wankelrig, laat jou met 'n ekstra huppel in jou stap huis toe gaan. Alles in aanmerking geneem is hierdie heerlike vermaak. |