AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Max PayneJMMet: Mark Wahlberg, Beau Bridges & Chris O'Donnell So tipies Hollywood. Vat 'n goeie idee en maak 'n swak fliek daarvan. Die aanklag die keer? Te min aksie. Enige persoon wat Max Payne die rekenaarspeletjie ken verwag aksie, baie aksie. So wat het regisseur John Moore besiel om ons van noemenswaardige aksie te ontneem vir die hele eerste uur? Wanneer jy besluit om 'n fliek te maak van 'n bekende karakter weet jy mos daar gaan bepaalde verwagtinge wees. Die fliek se storielyn bly wel getrou aan die oorspronklike. Max Payne is die speurder van New York wat steeds soek na sy vrou en kind se moordenaar. Wanneer sy mede-speurder vermoor word wend Payne hom tot die onderwęreld vir hulp. Moore en kie verdien ook 'n pluimpie vir die gevoel wat die film jou gee. Dit is asof jy deel is van die oorspronklike speletjie.
Aksie steek wel sy kop uit aan die einde. Die een aksietoneel op die ander, niks meer nie. Max Payne was 'n groot teleurstelling. Diegene wat nie vir Max Payne ken nie mag dit dalk anders ervaar.
Max Payne |