AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Meet DaveJMMet: Eddie Murphy Daar was niks anders oor om te kyk nie, toe loop ek maar in by Meet Dave. Soms verwag jy nie veel nie en word dan verras met iets ekstra. Ek het (tereg) nie 'n goeie fliek verwag nie, maar is met heelwat meer beloon. Dave (Eddie Murphy) self was vir my 'n oorspronklike idee. Dave is nie 'n mens nie, maar 'n ruimteskip met 'n bemanning van super-klein mensies in sy kop. Die kleintjies het na die aarde gekom om ons oseane te tap as 'n energiebron vir hulle planeet. Maar eers moet hulle 'n verlore onderdeel van 'n vorige mislukte poging opspoor. Met die leer hulle al hoe meer van hierdie vreemde planeet met se primitiewe reuse. Die grappies raak maar afgesaag na die einde se kant toe en met die tipe fliek weet jy met die dat die storie baie voorspelbaar gaan wees.
Die super-kleintjies is 'n homogene lot en ek het nogal No. 4 (Pat Kilbane) se ontdekking van sy seksualiteit geniet. As jy nie veel verwag nie sal jy die 90 minute kan wakker bly en selfs lag hier en daar. |