AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by No Country for Old MenJMMet: Josh Brolin, Javier Bardem, Tommy Lee Jones en Woody Harrelson In die 70's laas was daar sulke lang stiltes in 'n fliek, maar hierdie keer word dit perfek gedoen en dra dit by tot die spanning in een van die vreesaanjaendste en terselfdertyd mooiste films van die afgelope paar jaar. Die storie is eenvoudig. 'n Armgat in Texas vind 'n tas vol geld, 'n psigopaat wil die geld met alle geweld (met klem op die geweld) terughê en die sherrif wil die psigopaat vang, hoewel hy eintlik eerder sal wil aftree. Die kat-en-muis-speletjie wat hier ontvou jaag jou behoorlik die skrik op die lyf sonder om te maak asof dit 'n riller is, maar jy gaan nie jou oë kan weghou van die agtergrond waarteen dit verfilm word nie. Javier Bardem doen vir die psigopaat Anton Chigurh wat Anthony Hopkins vir Dr. Hannibal Lecter gedoen het. Hy doen dinge wat jou laat vergeet om asem te haal en gaan maak dat jou stoel jou van aanranding aankla. Tommy Lee Jones se spel is ook uitstekend en die Coen-broers het beslis hul beste werk tot op hede gedoen.
Wanneer laas het jy 'n meesterstuk gesien? |