Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Paul Newman

Die legendariese akteur Paul Newman het sy stryd teen longkanker verloor op 26 September 2008 op die ouderdom van 83. Hy was 'n kettingroker en is vroeër vanjaar met longkanker gediagnoseer.

Paul Leonard Newman is op 26 Januarie 1925 gebore in Cleveland, Ohio. Hulle het in die voorstad Shaker Heights gewoon waar sy ouers die plaaslike sportwinkel besit het. Die jong Paul het reeds van kleins af van toneelspeel gehou. Op die ouderdom van sewe klim hy die eerste keer op 'n verhoog in 'n skoolproduksie van Robin Hood. Hy was die hofnar.

Hy het net begin studeer toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek. Tydens die oorlog was hy 'n radio-operateur en masjiengeweerskutter op bomwerpers. Teen die einde van die oorlog het hy ook diens gedoen op oorlogskepe.

Na die oorlog studeer hy onder andere aan Yale Universiteit en doen heelwat ondervinding op in Broadway voor hy besluit om Hollywood op te soek.

Sy eerste fliek is The Silver Chalice (1954). Sy laaste was Road to Perdition (2002), hoewel hy nog aangehou het om stemwerk te doen vir animasiefilms.

In 1982 stig Paul Newman Newman's Own, 'n maatskappy wat verskeie voedselprodukte vervaardig. Die maatskappy skenk alle wins aan liefdadigheid.

Paul Newman was 'n akteur, regisseur, entrepeneur, renjaer en filantroop. 'n Uitsonderlike mens wat uitgeblink het in alles wat hy aangepak het en verskeie toekennings ontvang het.

As akteur was Paul Newman betrokke by meer as 60 films. Ons onthou hom veral vir Somebody Up There Likes Me (1954), The Long, Hot Summer (1957), Cat on a Hot Tin Roof (1958), Exodus (1960), Sweet Bird of Youth (1961), Cool Hand Luke (1967), Butch Cassidy and the Sundance Kid (1969), The Sting (1973), The Towering Inferno (1974), Buffalo Bill and the Indians (1976), The Color of Money (1986), Nobody's Fool (1994), Road to Perdition (2002) en Cars (2006)

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner