Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

P.S. I Love You

JM

Met: Hilary Swank, Gerard Butler, Kathy Bates, Lisa Kudrow & Harry Connick Jr.
Regisseur: Richard LaGravenese

'n Man sterf en laat sy jong vrou met briewe en bandopnames uit die graf waarmee hy haar weer leer leef. Sy briewe word almal afgesluit "P.S. I Love You".

Hartseer is deel van die lewe en haar man help haar ook om te treur. Huil sal jy en daar is 'n oordosis melodrama, maar gelukkig los dit ons nie in 'n swembad vol trane nie. Daar is 'n lag met die traan hier en uiteindelik weer liefde.

Hilary Swank lyk altyd asof sy uit 'n David Kramer liedjie oor klein dorpie kom. 'n Rabbedoe wat mans en vrouens kan verlei. Haar vertolkings in Boys Don't Cry (1999) en Million Dollar Baby (2004) was iets besonders. In P.S. I Love You lyk sy effens uit plek uit, amper soos 'n amateur fopdosser.

P.S. I Love YouRegisseur Richard LaGravenese kom effens tot Swank se redding met 'n bietjie morbiditeit wat haar hier en daar tot haar reg laat kom. Ironies genoeg kan jy nie dink dat sy en Gerard Butler ooit getroud was nie, maar die res van die rolverdeling, spesifiek Kathy Bates, Lisa Kudrow & Harry Connick Jr., speel uitstekend saam met haar. Dit is ook Lisa Kudrow wat vir 'n paar oulike komiese oomblike sorg.

P.S. I Love You is nie iets besonders of selfs visueel aanskoulik nie. Jy gaan dit waarskynlik oor 'n maand weer vergeet, maar dit is opregte vermaak wat jou vir ten minste 'n oomblik sal bekoor.
6 uit 10

Voorprent: P.S. I Love You ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner