AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by ReligulousJMMet: Bill Maher Religulous is 'n dokumentêre rolprent met Bill Maher as die onderhoudsvoerder. Suid-Afrikaners ken nie juis vir Bill Maher nie. Hy is 'n bekende Amerikaanse komediant en aanbieder van kletsprogramme met 'n opinie oor alles. Volgens Comedy Central tel hy onder die 100 top komediante van alle tye. Politically Incorrect was die program wat hom destyds bekend gemaak het, maar deesdae kyk almal Real Time with Bill Maher. Die verskil tussen Maher en sy portuur is dat sy onderwerpe meer ernstig van aard is, al word dit met humor behandel. Bill Maher se speelveld is tradisioneel die politiek en sosiale kwessies. Hy is ook meer as net bek en is op grondvlak betrokke by verskeie organisasies. In Religulous praat Bill Maher oor godsdiens. Dit handel hoofsaaklik oor twyfel en Maher draai nie doekies om nie. Hy skop af met "religion is detrimental to the progress of humanity."
Maher bespreek die onderwerpe met 'n verskeidenheid kerkleiers in die VSA, Europa en Israel. Sy kenmerkende humor word ingespan tydens die ondervragings. Net die idee dat iemand grappe maak oor godsdiens gaan beslis talle mense kwaad maak in Suid-Afrika. Van nader beskou kom jy egter agter dat Religulous nie probeer om godsdiens tussen die bene te skop nie. Die vra een voudige vrae oor twyfel en geloof. Wat glo ek? Hoe glo ek? En hoekom glo ek dit? Dit is nie aldag dat 'n dokumentêre film dit maak tot in die hoofstroom teaters nie. Hierdie een kan mens beslis aanbeveel. |