AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Righteous KillJMMet: Al Pacino, Robert De Niro, John Leguizamo, Curtis Jackson & Brian Dennehy 'n Resep en al die regte bestandele beteken nie jou koek kan nie flop nie. Dieselfde geld vir flieks. Op papier lyk Righteous Kill soos 'n treffer. Regisseur Jon Avnet was agter die stuur van die bekende Fried Green Tomatoes (1991) en die twee hoofakteurs is die briljante Robert De Niro en Al Pacino. Die storie klink ook na lekker vermaak. Twee ou hande in die polisie wat al jare as 'n span werk moet 'n reeksmoordenaar soek wat die gespuis van die samelewing doodmaak.
Heat was soveel meer as 'n storie van die polisie wat die slegte ouens probeer vang. Ons sien beide kante van die saak, die botsende, sterk persoonlikhede wat terselfdertyd baie in gemeen het. Niks is so eenvoudig soos wit en swart nie, alles is skakerings van grys. Righteous Kill het nie daardie sterk karakterontwikkeling wat Heat so goed maak nie. Boonop is die storie voorspelbaar en Jon Avnet gebruik aanhoudend stokou truuks van sy vakgebied. Maar selfs in 'n swak fliek is dit steeds lekker om die interaksie tussen die twee meesters, Pacino en De Niro, te aanskou. Net jammer die res van die fliek is nie in dieselfde klas nie |