AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Step BrothersJMMet: Will Ferrell, John C. Reilly, Richard Jenkins, Mary Steenburgen & Adam Scott Step Brothers verdien meeste van sy punte vir die poster. Dit is een van daai kitsch portrette wat mens in baie voorstedelike huis sien. Maak nie saak wie jy is nie, niemand kan goed lyk op die goed nie. Dit is die grap. Iets wat veronderstel is om jou te laat goed lyk maak jou bespotlik. Dieselfde span en regisseur wat vir Anchorman (2004) en Talladega Nights (2006) verantwoordelik was het Step Brothers vervaardig. Ongelukkig nie naastenby in dieselfde klas as die vorige twee nie. Step Brothers is 'n kras geraas wat lyk asof dit die produk is van te veel drinksessies. Die humor is gemik op diegene wat net-net matriekulasievrystelling gekry het. Die F-woord word oral ingedruk en ons moet probeer oorleef in die skadu van skrotum-humor.
Selfs geharde Ferrell-aanhangers gaan sukkel om dit te geniet. |