AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Bucket ListJMMet: Jack Nicholson, Morgan Freeman & Sean Hayes Regisseur Rob Steiner het al onvergeetlike oomblike op die silwerdoek geskep, dink aan The Princess Bride (1987) en When Harry Met Sally (1989). Ongelukkig val The Bucket List nie in hierdie kategorie nie. Die kon so goed gewees het, Jack Nicholson en Morgan Freeman as die twee mans in die laaste dae van hul lewe. Twee mans wat skielik wil valskerm spring, by piramides opklouter en berge klim. Kon die skrywers nie ten minste aan iets beter gedink het nie? Hoekom altyd bo-op iets klim of valskerm spring? Mens sou dink kanker is skrikwekkend genoeg om jou verby die oppervlakkige te laat kyk. Die oppervlakkige vier hooggety hier. Goedkoop emosie word in ons gesig gegooi om 'n traan uit ons te druk. Jack Nicholson se hospitaaljurkie wat agter oopflap sou 'n groter tranedal tot gevolg gehad het.
4 uit 10 |