AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Day the Earth Stood StillJMMet: Keanu Reeves, Kathy Bates, Jennifer Connoly en Jaden Smith Regisseur Scott Derrickson pak een van die heilige koeie van die SciFi-genre. Die oorspronklike The Day the Earth Stood Still is een van die klassieke wetenskapsfiksie films. Harry Bates het die oorspronklike kortverhaal, Farewell to the Master, geskryf. In 1951 het die fliek verskyn as The Day the Earth Stood Still. Harry Bates was ook medeskrywer van die film se teks. Keanu Reeves vertolk die rol van Klaatu, 'n vreemde ruimtereisiger wat die aarde besoek om 'n waarskuwing aan die mensdom te gee. Sy metgesel is 'n onvernietigbare biologiese robot. Oudergewoonte wil die aardlinge niks weet van waarskuwings nie en stel meer daarin belang om die alien te ontleed. Klaatu en sy mense het verskeie van die diere en plantspesies van ons planeet weggeneem om te bewaar, maar nou oorweeg hulle om hierdie planeet te vernietig. Ons kyk blykbaar nie goed genoeg daarna nie.
Keanu Reeves is 'n uitstekende Klaatu, maar selfs dit help die storie nie op sy voete nie. Dit gesê, ek moet byvoeg dat 'n paar tieners wat dit saam met my gesien het voel die storie en nuwe tema is relevant. In geheel is The Day the Earth Stood Still nie te sleg nie. Dit is veral die donker, voorspellende beelde wat jou bybly. |