AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Forbidden KingdomJMMet: Jackie Chan & Jet Li Dis omtrent hoogtyd dat Jackie Chan en Jet Li saam in 'n fliek speel. Nie noodwendig 'n saak van erns vir die ernstige Westerse fliekganger nie, maar tog interessant vir ernstige aanhangers van die populêre Chinese filmtradisie. Die storie is eenvoudig, Chan en Li moet 'n laaitie leer baklei. Ja, al wéér Karate Kid. Die storie speel net af in antieke China. Getrou aan populêre Chinese flieks irriteer die een my ook wanneer 'n hoofkarakter (Chan) te snaaks probeer raak. Dit is gewoonlik moeilik om Chan ernstig op te neem, wat nog te sê as hy 'n mop op sy kop ronddra. Bietjie meer erns sou die fliek goed gedoen het. Die poging om snaaks te wees werk ongelukkig nie goed met 'n meer ernstige agtergrond wat hulle probeer skets nie. Net soos Chinese blaarslaaisop het die dialoog ook maar min om die lyf en is swaar om te sluk.
Kinders en ernstige aanhangers van die genre behoort dit te geniet. |