Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Tropic Thunder

JM

Met: Jack Black, Tom Cruise, Robert Downey Jr., Matthew McConaughey, Nick Nolte & Ben Stiller
Regisseur: Ben Stiller

Jy het lanklaas mense so omgekrap gesien oor 'n fliek. Almal by die werk skud afkeurig hul kop, my vriende trek hul neuse op, selfs die kat lyk ontsteld.
Dis juis sulke tye wat ek gaan fliek.

Ek moet bieg dat ek nog nooit 'n aanhanger van Ben Stiller se werk was nie, Jack Black se humor staan my nie aan nie en as ek Tom Cruise op die groot skerm sien wil ek opbring in my springmielies. Hulle is almal in Tropic Thunder. Ben Stiller is boonop die regisseur.

In Tropic Thunder sien ons hoe daar begin word om 'n groot Hollywood-oorlogsfliek te maak. Dan loop dinge dramaties skeef. 'n Komedie wat die spot dryf met alles en almal. Alles behalwe polities korrek. Dit is juis die gespot wat sommige mense dwars in die krop steek.

Persoonlik dink ek meeste mense mis die punt. Tropic Thunder, na my mening natuurlik, is geskryf as satire. Hollywood en die akteurs word as bespotlik voorgestel. Hierin slaag die film baie goed.

Tropic ThunderDie humor is wel snaaks, hoewel dit by tye uiters kru raak. Daar is ook 'n paar geleenthede waar my oŽ gerek het vir die dinge waarmee die spot gedryf word.

Ben Stiller doen aanvaarbare werk as regisseur en akteur. Jack Black,Robert Downey Jr., Matthew McConaughey en Nick Nolte is almal geloofwaardig in hul rolle.

'n Goeie poging. Nie bedoel vir persone wat gou aanstoot neem nie.
7 uit 10

Voorprent: Tropic Thunder ->

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner