AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by UntraceableMet: Diane Lane Diane Lane kan soms baie strak voorkom, dit is seker hoekom sy nie gereeld in 'n hoofrol te sien is nie. Die afwesigheid van glans pas haar karakter in Untraceable egter soos 'n handskoen. In Untraceable is Lane 'n FBI-agent wat 'n reeksmoordenaar moet opspoor. Die psigopaat vermoor sy slagoffers op allerhande grusame maniere en beeldsend sy moorde op die Internet op killwithme.com. Aanvanklik lyk dit asof die moordenaar sommer enige persoon op straat gryp, maar later word dit duidelik dat hy met 'n plan werk. Dit is een van die fliek se swak punte, dit raak voorspelbaar. Die moordenaar gaan mos ons heldin op een of ander stadium teiken. Ook sal hy beslis haar dogter teiken. Gebeur dit dan nie altyd in die flieks nie?
Diane Lane is die anker wat die hele spul aanmekaar hou en geloofwaardigheid aan die fliek verleen. Hopelik sal ons haar meer in hoofrolle in hoofstroom rolprente sien en nooit, nooit weer in iets soos die swak Jumper (2008) nie. |