AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by Vantage PointMet: Dennis Quaid, Matthew Fox, Forest Whitaker, Sigourney Weaver & William Hurt Vantage Point is nie die beste fliek wat jy vanjaar gaan sien nie, maar spog wel met 'n paar indrukwekkende punte. Die sentrale tema kan mens nie deel sonder om die hele boksendais weg te gee nie. Die film begin met 'n aanslag op die lewe van die Amerikaanse president tydens 'n besoek aan Spanje. Jy sien die storie uit verskeie persone daar teenwoordig se oogpunt, vandaar die titel. Dit word miskien net te veel herhaal, maar net wanneer jy dink dit is net nog meer van die ou Amerikaanse resep waaraan almal gewoond is kom daar skielik 'n dramatiese wending in die verhaal. Van hier af stoom die storie voort van een spanningsvolle oomblik na 'n ander. Die dramatiese wendings is nie almal geloofwaardig nie, maar dis mos vermaak hierdie. Die akteurs gaan niemand vir 'n Oscar benoem word nie, maar hulle lewer almal aanvaarbare werk. William Hurt staan so effe uit bo die res in sy rol as die Amerikaanse president.
Dit moet egter gesien word in die konteks dat hierdie regisseur Pete Travis se eerste vollengte rolprent is én dit was Barry Levy se eerste poging om 'n storie vir die silwerdoek te skryf. As 'n eerste probeerslag is Vantage Point werklik indrukwekkend en kan jou dalk net voor in die ry laat staan vir die twee se volgende werk. |