Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Billy Elliot

Billy Elliot

Regisseur: Stephen Daldry

Die storie van Billy Elliot is so oud soos Engeland se steenkool-heuwels, die hartseer en vreugdes van ´n jong seun op ´n taai Engelse myndorpie wat sy talente probeer ontgin. Dié sjarmante Britse prent word op ´n vars manier vertel, sonder die tierlantyntjies van die Hollywood-styl.

Billy Elliot is ´n skaam elfjarige, gehoorsaam aan sy weduwee-pa, baie erg oor sy verstrooide ouma en met stille respek vir sy ouer broer. Maar hy is vrot met boks, wat hy onder die knie probeer kry om sy macho-pa te plesier.

Wanneer die balletklas dieselfde saal as die boksers moet gebruik, kom Billy in aanraking met die meisies in hulle ballerina-rokkies en hulle onderwyseres, mev Wilkinson. Billy raak baie geïnteresseerd in dié kunsvorm en mev Wilkinson besef hy het talent daarvoor. Sy moedig hom aan om sy verborge talent te ontwikkel.

Die verhaal van Billy se ontwikkeling van ´n sukkelende bokser tot ´n danser wat meeding om ´n plek in die prestigeryke Royal Balletskool word in teenstelling geplaas met sy pa en broer se betrokkenheid by ´n gewelddadige mynstaking, en verskeie van die meesleurende danspassies word onderbreek deur skote van woedende stakers wat hulle ontevredenheid uitbeeld.
Koop Billy Elliot...

Chicken Run
Met: Mel Gibson en Miranda Richardson
Regisseurs: Peter Lord en Nick Park

Chicken Run is gemaak deur dieselfde tekenprent-ateljee wat die briljante Wallace and Gromit-reeks vervaardig het en vergelyk goed met die humor en towerkrag van ander pratende diere-treffers soos Babe.

Die prent speel af op ´n hoenderplaas in Yorkshire in die 50's, waar die kloekende henne verdoem is tot ´n leeftyd van eiers lê vir die tiranniese Mrs Tweedy (Richardson). En vir henne wat nie minstens een eier per dag produseer nie, is daar net een paadjie: na die valbyl.

Ginger is die enigste hen met durf en die droom van ´n utopia oorkant die grensheining, maar moet al haar vernuf inspan om die ander te oorreed dat daar ´n beter lewe iewers anders is. Dis eers wanneer sy en die Amerikaanse sirkushaan Rocky (Gibson) ´n rit deur die pasteimasjien oorleef dat die ander besef hulle gaan dalk nie lewend uit die hoenderkamp kom nie.

Rocky het op een of ander manier die plaas ingevlieg gekom en Ginger oorreed hom om die henne te leer vlieg in ruil vir beskerming teen die sirkus, wat hom baie graag wil terughê. Hy slaag lank daarin om die hele klomp henne te mislei, terwyl hulle getrou vliegoefeninge doen en hom in die algemeen ´n heerlike tydjie besorg as die enigste haan op die mishoop.

Wanneer Ginger uiteindelik besef dat Rocky nie regtig kan vlieg nie, beraam sy ´n briljante plan om die klomp vlerke te gee. Die romanse bly ook nie agter nie.

Daar's verskeie verwysings na klassieke Tweede Wêreldoorlogflieks wat volwassenes laat giggel, terwyl die kleintjies bloot die storie geniet. ´n Prent wat jy weer sal wil sien.

Charlie's Angels Charlie's Angels
Met: Cameron Diaz, Drew Barrymore en Lucy Liu

Wat gebeur as jy drie pragtige vroue, ´n nuweling-regisseur en ´n Amerikaanse tv-reeks uit die 70's saamvoeg? Dié fliek gegrond op die gewilde Charlie's Angels-reeks van weleer het millennium-flair en vragte vol houding, styl, grafika en pret.

Die klank-effekte is indrukwekkend en waagtoertjies ongelooflik, terwyl die rolprentkuns puik is en die aksie nooit einde kry nie. Barrymore speel die straatwyse Dylan, Liu die elegante Alex en Diaz die onskuldige boekwurm Natalie.

Die prent is prettig genoeg om ditself nie te ernstig op te neem nie, en tussen die aksie deur is deur ook ´n soort van ´n komplot om die spul aanmekaar te hou.
Koop Charlie's Angels...

Nou wanneer is dit my beurtThe Pledge
Vir die eerste keer na sy Oscar vir As Good As It Gets keer Jack Nicholson terug na die silwerdoek en laat Sean Penn goed lyk as ´n regisseur. In The Pledge vermy Penn die grafiese en groteske en raak storieverteller. Die fliek sleep wel voort op die laagste vlak van menswees deur dit wat lelik en onwenslik is, maar Penn het die kuns bemeester deur eenvoud te laat seevier. Dis net aan die einde wat hy ongelukkig sy melodramatiese self raak. Mens is ook genoodsaak om te noem dat Benicio Del Toro, Mickey Rourke en Robin Wright Penn help om die wa deur die drif te trek.
6/10
Koop The Pledge...

Ek kyk graag so diep in jou oë Sweet November
"O bitter November", sal jou reaksie wees as jy dit wil waag om die fliek aan te durf. Al ooit gehoor van ´n rolvertolking wat so pateties is dat dit later snaaks word en die film verteerbaar maak? Sê hallo vir Keanu Reeves! Asseblief, gooi die man op ´n bus of laat hom worstel met ´n techno-toekoms, maar moet hom nooit weer in ´n romantiese rol gebruik nie, hy het toet en taal nie die emosionele diepte om die tipe rol te speel nie. Charlize Theron help ook geen jota of titteltjie om iets te maak van die flop nie. In die rol van die skoonheid pas sy op die oog af gewis, maar hulle moes haar eerder ´n stom skoonheid gemaak het. Die dialoog van die film was geensins vir haar bedoel nie. Die enigste oortuigende spel word gelewer deur die hond in die fliek.
2/10
Koop Sweet November...

Wat kom nou weer na 2?Cast Away
Regisseur Robert Zemeckis en Tom Hanks het ´n groot kans gevat met hierdie formaat. Daar is omtrent 80 minute in die film waar daar nog dialoog nog drama is. Danksy Hanks se uitstekende vertolking kyk ons egter hier na dalk net nog ´n Oscar vir hom. Hy is alleen verantwoordelik vir die fliek se momentum en word hierin uitstekend ondersteun deur sy regisseur.
7 op ´n skaal van 10.

The Wonder Boys
Michael Douglas toon nuwe lewe na sy stereotipe ou-yuppie karakters van die 90's, oe hy meer publisiteit ontvang het vir sy verhouding met Catherine Zeta-Jones as vir sy werk. Selfs Robert Downey Jr lewer uitstekende spel (net voor hy tronk toe gestuur is). Wie weet, miskien kom Douglas nog in aanmerking vir ´n Oscar volgende jaar.

The Wonder Boys is Curtis Hanson se eerste fliek na LA Confidential. Dit is ´n karakterstudie wat gestroop is van enige dramatiese ontwikkeling. Die fliek beweeg met ´n sluimerende pas totdat dit skielik ontplof in ´n gelukkige einde.
6 op ´n skaal van 10.

Hierdie 4-sitplek banke is ook nie meer wat hulle was nie Snatch
Guy Ritchie, regisseur van die fliek, is ´n ou seuntjie. Madonna het nie om dowe neute met hom getrou nie. Snatch is amper ´n kopie van sy eerste film, Lock, Stock and Two Smoking Barrels. Dit is ´n seuntjie se verheerliking van bendes, dobbelaars en boewe. Soos te wagte word jy visueel gebombardeer met Tarantino-agtige tonele, kinematografrie uit die 70's en kamera's wat vinnig vorentoe gespeel word. Die klankbaan dra duidelik vroulief se brandmerk met Franse disko-musiek wat bygewerk word.

Dit is maar bitter min dat klein seuntjies hul fiksasie met groot gewere hul volwasse lewe indra, maar Ritchie het blykbaar nog nie vrede gemaak met sekere van sy tekortkominge nie. Hy moet nou grootword en tot daai dag moet hy maar liefs net musiekvideo's maak vir vroulief.
4 op ´n skaal van 10.

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner