AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The BodyMy ouma was nou rerig rof en onbeskof en op haar bo-lip het ´n snor gepryk wat amper langer was as my oupa s´n. Sou een van haar kleinkinders aarsel met die mes voor die skaap op die slagtafel sou sy by die kombuisvenster skree "Fok, probeer ten minste", dan storm sy buitentoe, gryp die mes en sny daai skaap van kop tot tone toe oop met een haal van haar stomp broodmes. Kry jy die dag nie iets reg nie dan was haar woorde ook altyd "Fok, maar hy het darem ten minste probeer", woorde wat die regisseur van The Body Jonas McCord nooit by my ouma sou hoor nie. "Fok, maar hy is vol van homself" is al wat by my opgekom het oor McCord wat ook die teks geskryf het. Die idee agter die fliek is niks nuuts nie, maar tog nog interessant. Dit handel oor ´n skedel wat gevind word en daar word vermoed dit het behoort aan Jesus. Verder is dit egter ´n kwessie van hou vas jou hoed die afdraand is erg. Nie eens Antonia Banderas kan die Judaisties-Christelike riller red nie. Vermy indien jy kan. |