AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by What´s the worst that could happen?Wat op dees aarde sien mense in Martin Lawrence? Hoekom gaan kyk ek elke keer sy nuutste fliek? Hoekom wil Aaliyah nie een aand by my kom lê nie? Bogenoemde is alles vrae waarop die mensdom nooit ´n antwoord sal kry nie. Die mees merkwaardige eienskap van Lawrence se nuwe fliek is beslis die titel. What's the worst that could happen? lê beslis nie gemaklik in die mond nie. Toe ´n vriendin my vra wat ek die vorige aand gaan kyk het, het ek eerder stil gebly. Wie voel dan nou lus om te sukkel met ´n titel van ´n fliek wat jy in elke geval nie wil erken jy het geld voor betaal om dit te gaan kyk nie. Dankie tog Martin Lawrence is langer as Danny de Vito, anders sou die fliek my na alles nog boonop verwar het. Die maltrap-komedie, waarvoor Lawrence bekend is, word in die film opgedis deur De Vito. Lawrence se verwaandheid moes beslis ´n knou gekry het, omdat hy in sy eie projek ge-upstage is. Vervelig en traag! |