AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by
The Talented Mr RipleyAnthony Minghella se Talented Mr Ripley gaan so gemaklik af dat jy so af en toe dink jy sit in ´n bad melk terwyl jy kyk. Dit skyn egter gereeld deur dat die karakters speel soos ´n klomp toeriste in die vreemde. Verder kan jy jou reg maak vir genoeg mooi mense en baie seks. Alhoewel Minghella die film soos ´n diamant geslyp het behoort Matt Damon, Cate Blanchett en Gwyneth Paltrow vol sale te trek. The Talented Mr Ripley werk goed, maar dit vermaak slegs en is glad nie indrukwekkend nie. Die film is ontwerp om te beïndruk en elke skoot skreeu KUNS. Soos in Minghella se The English Patient probeer hy dit aan jou verkwansel as ´n kunswerk. Dit bly egter ´n doodgewone mooi prentjie. |