AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by 13 GhostsEk het dit oorweeg om die dokter te besoek na my kennismaking met 13 Ghosts. Dit is die aangewese fliek vir diegene wat gehoorprobleme verlang. 13 Ghosts raas. Om op te maak vir ´n patetiese storielyn het regisseur Steve Beck besluit om ons te bombardeer met geraas. Dit raas en skreeu van begin tot einde. Die film se enigste positiewe punt is die kostuums en spesiale effekte, maar behalwe vir die tegniese aspekte bied dit nie veel meer nie. Die film handel oor ´n oompie (F. Murray Abraham) wat navorsing doen in die okkulte. Hy laat sy huis na aan sy familie, bygestaan deur ´n spookjagter en ´n kenner (Suid-Afrika se Embeth Davidtz) van oompie se werk en huis. Indien jy 13 Ghosts moet gaan sien vat asseblief oorpluisies saam. |