Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Bridget Jones's Diary

Bridget Jones's Diary

Met: Renée Zellweger, Hugh Grant en Jim Broadbent
Regisseur: Sharon Maguire

Sy rook te veel, drink te veel, praat te veel, bekommer haar te veel oor sy te veel weeg, en sy kruip net so diep in jou hart in soos wat sy tussen die omslae van Helen Fielding se roman gedoen het. Sy is, natuurlik, die hoofkarakter van Bridget Jones's Diary, briljant vertolk deur die parmantige Renee Zellweger.

Omdat sy van Texas is, was Zellweger ´n omstrede keuse vir die rol van Bridget, ´n ongeorganiseerde Londenaar in haar dertigs, vol nukke en grille, wat die gawe het om haarself in die middel van rampe te bevind - wat romanse en haar professionele lewe betref. Maar Zellweger stap met haar oortuigende Engelse aksent reg in Bridget se siening van die wêreld in. Vroue regoor die wêreld gaan saam met haar lag, huil, woedend word en totaal identifiseer met haar oortuigende reeks neuroses.

Behendig geregisseur deur Sharon Maguire (in haar eerste poging), gee die fliek ´n beeld van Bridget se probleme: Sy's terneergedruk omdat sy nie gewig kan verloor, ophou rook en ´n "goeie, redelike man" kan ontmoet nie. Sy gebruik vodka en wyn om van haar sorge te vergeet.

Wat kan nou meer van ´n troos wees vir ´n gewonde siel as ´n aand in sakkerige pajamas, terwyl jy broodstokkies eet, sigarette rook, ´n traan of twee stort en All By Myself se wysie snik.

Die Liefde, of iets wat daarna lyk, dreig om Bridget te red van ´n lewe op haar eie en sy val hals-oor-kop in ´n verhouding met haar aantreklike maar slu baas, Daniel Cleaver (Hugh Grant). Wanneer sy uitvind dat hy ´n luis is, stort Bridget weer met ´n slag neer in die land van eensame harte.

In daardie toestand is haar enigste hoop Mark Darcy (Colin Firth), ´n hoogdrawende menseregteprokureur wie se deurmekaar verlede verweef is met Daniel s´n. Aan die begin lyk Mark soos ´n snob wat maar net te gretig is om vir Bridget in allerhande ongemaklike situasies te laat beland. Danksy fyn karakterwerk deur Firth, lyk dit egter tog uiteindelik of hy die antwoord op Bridget se gebede is.

Firth beïndruk as Mark Darcy, en Grant lewer ´n goeie vertolking in die effens onontwikkelde karakter van Daniel Cleaver. Dis lekker om hom vir ´n verandering te sien as ´n oneerlike verleier, eerder as sy nou reeds voorspelbare rolle as die onbehendige, maar inherent goeie outjie.

Regisseur Sharon Maguire se hoofuitdaging is hoe om die roman se hoofsaaklik innerlike monoloog in die rolprent weer te gee as eksterne aksie. Die verskille tussen die boek en die fliek is soms beduidend, selfs al het die skrywer toesig gehou oor die draaiboek. Maar die fliek kry die belangrike dinge reg, veral, natuurlik, wat Zellweger se karakterisering van Bridget betref.

Bridget Jones's Diary is ´n romantiese komedie en is ´n duisend keer meer soos die werklike lewe as die spookasem wat Hollywood elke jaar by die dosyne uitpomp. In Bridget se wêreld is daar tien teleurstellings vir elke oorwinning, en niemand is so wonderlik, of so aaklig, as wat hulle lyk nie. Bridget Jones's Diary is roerend, snaaks en waar - die tipe fliek wat mans en vroue se harte warm sal laat klop.
Koop/ Buy Bridget Jones's Diary...

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner