Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

The Dish

Met: Sam Neill
Regisseur: Rob Sitch

In Julie 1969 het 600-miljoen mense regoor die wêreld verstom gesit en kyk hoe Neil Armstrong die mensdom se eerste geskiedkundige tree op die maan gee. Wat die oorgrote meerderheid van hulle nie geweet het nie, is dat die televisie-uitsending van die Apollo 11-sending moontlik gemaak is deur die harde werk van ´n klein span Australiërs wat in beheer was van ´n satelliet-skottel op ´n skaapplaas op die Australiese platteland.

Omdat dit destyds die sterkste ontvangsskottel in die Suidelike Halfrond was, was die radio-teleskoop buite die afgeleë klein dorpie Parkes in Nieu-Suid-Wallis die voor die hand liggende keuse om NASA te help om Apollo 11 se vlug te volg, en om as ´n bystand-sender te dien vir die eerste beelde van mense op die maan.

Die altyd-betroubare Sam Neill (Jurassic Park) lewer sy mees innemende vertolking tot nog toe as Cliff Buxton, die onversteurbare hoof van die Parkes-skottel. Baxton lei sy aweregse kollegas, wiskunde-fundi Glenn Latham en tegnikus Ross "Mitch" Mitchell, gespeel deur Tom Long en Kevin Harrington, deur dramatiese en minder belangrike krisisse terwyl die maanlanding al hoe nader kom.

Die vermaaklike ensemble-rolverdeling sluit die ongeduldige, senuagtige NASA-verteenwoordiger Al Burnett (Patrick Warburton van Seinfeld) in, wat daar is om seker te maak dat alles volgens plan verloop - wat natuurlik nie gebeur nie.

En terwyl die wetenskaplikes uitasem voorberei vir die groot oomblik, neem die dorpenaars van Parkes ook hulle plek in die kollig in. Die vriendelike burgemeester Bob McIntyre (Roy Billing) is gespanne oor al die skielike aandag wat Parkes kry, terwyl sy vrou May (Genevieve Mooy), vasberade is om dit tot haar sosiale voordeel te gebruik. Hulle tiener-dogter Marie (Lenka Kripac) kam van die begin tot die einde van die fliek die ruimtewedloop af.

The Dish is by die werklike Parkes-skottel geskiet, waar baie van die oorspronklike rekenaars en beheerpanele weer geïnstalleer is om die beheerkamer te laat lyk soos die een van drie dekades gelede. ´n Behulpsame NASA het van die oorspronklike maanlanding-beeldmateriaal verskaf, wat regisseur Rob Sitch onopmerklik by die res van die rolprent laat inskakel.

The Dish is geskep deur dieselfde span (gesamentlik bekend as Working Dog) wat verantwoordelik was vir 1997 se The Castle, en dit lyk asof hierdie fliek in sy voorganger se voetspore gaan volg as een van die mees suksesvolle rolprente nóg uit Australië. Dis ´n wonderlike, menslike komedie wat ´n buitengewone kykie na die geskiedenis gee - die maanlanding sal na dese nooit weer dieselfde wees nie!
Koop/Buy The Dish...

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner