AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by
Captain Corelli's MandolinMet: Nicolas Cage, Penélope Cruz, John Hurt, Christian Bale, en Irene Papas Gebaseer op die treffer-roman deur Louis De Bernières, speel die fliek af op die idilliese Griekse eiland Cephalonia, waar aardbewings die grond verwring het en die lewe eeue-lank op dieselfde trant voortgaan. Maar die stadige pas in die dorpie word ontwrig wanneer die Tweede Wêreldoorlog in 1941 die kus van Cephalonia bereik. Nadat Griekeland aan Hitler oorgegee het, beset Duitse en Italiaanse soldate die eiland. Aanvanklik is daar groot teenstand teen die vreemdelinge, maar die dorpenaars kom gou agter dat die Italianers meer daarin belangstel om goeie wyn te drink, opera te sing en in die asuurblou see rond te plas as om onderdrukkers te wees. Die storie word vertel deur die dorpie se bejaarde dokter, gespeel deur John Hurt. Penelope Cruz is sy pragtige en vasberade dogter wat daarvan droom om eendag in haar pa se voetspore te volg. Hoewel sy verloof is aan ´n eenvoudige visserman (Christian Bale), raak Pelagia verlief op ´n mandolien-spelende Italiaanse kaptein (Nicholas Cage). Dit is die basiese gegewe en van hier af beweeg die fliek deur romantiese misverstande, verdeelde persoonlike en nasionale lojaliteite, vieslike Nazi wreedhede, dapper partisane opstande, epiese gevegstonele en ´n aardbewing. Dit is onmoontlik om die aksent-probleem die hoof te bied. Captain Corelli's Mandolin is ´n Engelse fliek, maar die regisseur John Madden het die akteurs opdrag gegee om Engels te praat met die aksent van die land waaruit hulle kom. Die gevolg is ´n reeks aaklige en irriterende aksente - Cruz, wat Spaans is, probeer met ´n Griekse aksent praat, net soos Bale, wat Brits is. Morrissey, wat ook Brits is, poog om ´n Duitse aksent te hê. En wat Cage betref moet mens jou verbeelding goed gebruik om te glo dat hy Italiaans is. Hy is ´n neef van Francis Ford Coppola en Cage (wie se regte naam Nicholas Coppola is) het miskien Italiaanse wortels, maar ons ken hom net te goed as ´n tipiese Amerikaner om sy vertolking in dié rol te glo. Captain Corelli's Mandolin is die Britse regisseur John Madden se eerste fliek van Shakespeare in Love af, wat ´n string Oscars gewen het, wat dié insluit vir Beste Rolprent en Oorspronklike Draaiboek. Maar dis ´n teleurstellende opvolg op die Shakespeare-treffer en dit val êrens tussen Hollywood-treffer en kunsflim op die grond.
Met die prattige kamerawerk, plaaslike kleur en die algemene vaardigheid waarmee Captain Corelli's Mandolin gemaak is, is dit jammer dat die fliek in baie opsigte teleurstel. |